GEMEENTEVREUGDE

Gesprekstemas vir selgemeentes

Tema Nr 10:      DIE GEBEDSLEWE



© Outeursreg 2000  -  Gemeentevreugde,
Posbus 2736,  George  6530.  E-pos:  vreugde@icon.co.za
Gedrukte gesprekstemas is by bogenoemde adres beskikbaar.

Elektroniese kopie:  Januarie 2001.  Hierdie gesprekstema mag van die internet afgelaai en vermenigvuldig word.  Daar mag egter geensins aan die inhoud verander word nie.
Enige donasies vir die voortgang van die bediening word verwelkom.

Handleiding opgestel deur Marius Potgieter.


AGTERGROND

Hierdie gesprekstema is opgestel met die doel om
* die Skrif se lig op ons lewende en voortgaande verhouding met Jesus Christus te laat val;
* gelowiges te help om God se stem te hoor en met Hom te praat;
*

Hoe om die meeste seën uit hierdie gesprekstema te put:
* Beskou die gesprekstema slegs as ‘n hulpmiddel.
* Dit is nie ‘n handleiding vir Bybelstudie nie.  Die vrae handel nie in die eerste plek oor inligting of Bybelfeite nie maar help ons om regtig na die Here (wat deur sy Woord en Gees teenwoordig is) te luister.
* Enige persoon wat daarvoor kans sien, kan hierdie gesprek lei want dit vereis nie spesiale kennis of vernuf nie.
* Alhoewel die byeenkoms met ernstige gebed voorberei moet word, kan die gesprek nie voorberei word nie - dit word deur die Heilige Gees gelei.
* In God se oë is ons nie kerkmense wat bymekaar kom nie maar ‘n geestelike huisgesin; familielede wat rondom hulle Vader saam is om Hom en mekaar te geniet!


DIE GEBEDSLEWE (1)

GESINSVERKLARING:

TERUGRAPPORT: (20")

LOFPRYSING EN AANBIDDING: (20")

WOORD EN ANTWOORD: (40")
Tema:  Voortdurende kommunikasie
Lees:  Lukas 24: 15, 16, 30 - 32
1. Lees die verse twee maal hardop en rustig deur.  Lees dit weer ‘n keer biddend en in stilte deur.
2. Vertel wat die Here deur hierdie verse vir jou gesê het.
3. Waarom kan jy seker wees dat Jesus net so by jou teenwoordig is as wat in hierdie verhaal vertel word?
4. Vertel van ‘n situasie waar die feit dat jy geweet het dat Hy by jou is, ‘n verskil gemaak het aan jou praktiese lewe.
5. Hoe moet ons kommunikasie met die Here Jesus lyk in die lig daarvan dat Hy elke dag saam met ons op pad is?
6. Die gelowige se lewe is ‘n voltydse verhouding met God in Jesus Christus.  Gebed mag nie van die lewe losgemaak word asof dit iets afsonderliks is nie - die kind van God lééf ‘n gebedslewe.

Ons antwoord:  Almal praat in stilte met die opgestane Heer.  Na ‘n ruk van stilte praat een persoon hardop namens almal met die Here en dank Hom vir die wonderlike voorreg om elke dag met Hom in gemeenskap te lewe.

LIEFDESBEDIENING: (20")
Uitreik:  terugrapport oor ons betrokkenheid by onbereikte volksgroepe; gebed vir sendelinge.
Sorg na buite: terugrapport oor voorbidding en uitreiking na mense in ons omgewing.
Onderlinge sorg:    twee-twee of drie persone draai na mekaar toe, vra of daar spesifieke behoeftes is, verseker mekaar van Vader-God se onwankelbare liefde en bid vir mekaar.

VOLGENDE BYEENKOMS:
Luister na die Skrif  -   2 Timoteus 3: 14 - 17.


DIE GEBEDSLEWE (2)

GESINSVERKLARING:

TERUGRAPPORT: (20")

LOFPRYSING EN AANBIDDING: (20")

WOORD EN ANTWOORD: (40")
Tema:  Luister na die Skrif
Lees:  2 Timoteus 3: 14 - 17
1. Die verse word twee maal hardop en rustig deurgelees.  Lees dit weer ‘n keer biddend en in stilte deur.
2. Vertel vir mekaar wat die Here hierdeur vir jou gesê het.
3. Hoe dink jy praat die Here met ‘n mens deur die Skrif?
4. Vertel van spesifieke situasies waarin die Here deur 'n gedeelte uit die Skrif met jou gepraat het en wat die gevolge daarvan was.
5. Elkeen wat ervaring het, verduidelik aan die ander op watter manier  hy/sy die Bybel lees sodat die Here kans kry om regtig met hom/haar te praat.
6. Hoe kan ‘n mens na preke luister en werklik hoor wat God vir jou persoonlik sê?  Elkeen wat wil, gee aan die ander raad.
7. Gebed begin nie by praat nie maar by luister.  In ons verhouding met die Here praat Hy op verskillende maniere met ons om sy liefde te verklaar en sy liefdeswil aan ons duidelik te maak.  Die belangrikste manier waarop Hy met ons praat, is deur die Skrif, wat die Woord van God is.

Ons antwoord:    Elkeen onderneem om hierdie week spesiaal na die Here te luister deur Bybellees en prediking, dit neer te skryf in ‘n notaboekie en volgende keer terug te rapporteer.

LIEFDESBEDIENING: (20")
Uitreik: terugrapport oor ons betrokkenheid by onbereikte volksgroepe; gebed vir sendelinge.
Sorg na buite:   terugrapport oor voorbidding en uitreiking na mense in ons omgewing.
Onderlinge sorg: ons bid vir mekaar se behoeftes.

VOLGENDE BYEENKOMS:
Luister na die Gees  -  1 Johannes 2: 20, 27


 DIE GEBEDSLEWE (3)

GESINSVERKLARING:

TERUGRAPPORT: (20")

LOFPRYSING EN AANBIDDING: (20")

WOORD EN ANTWOORD: (40")
Tema:  Luister na die Gees
Lees:  1 Johannes 2: 20, 27
1. Lees die verse twee maal hardop en rustig deur.  Lees dit weer ‘n keer biddend en in stilte deur.  Stel jouself oop vir die Heilige Gees.
2. Vertel vir mekaar wat die Here hierdeur vir jou gesê het.
3. Die basis van die Heilige Gees se lering is dat ons in die Seun moet bly (27).  Hoe verstaan jy dit in die praktiese lewe?
4. Waarom dink jy verskil christene so baie as die Gees hulle die waarheid leer?
5. Wat gaan jy hiervandaan verder met die belofte van vers 27 doen?
6. Om na die Here te luister is die belangrikste deel van gebed.  Hy praat met ons deur die Skrif maar ook deur die Heilige Gees.  Die Gees lei ons in ooreenstemming met die Skrif.  Die Gees oortuig ons van wat reg is in God se oë.

Ons antwoord:  Ons onderneem elkeen om in die komende week spesiaal te luister na wat die Here vir ons sê, dit in ‘n notaboekie neer te skryf en volgende keer terug te rapporteer.

LIEFDESBEDIENING: (20")
Uitreik: terugrapport oor ons betrokkenheid by onbereikte volksgroepe; gebed vir sendelinge.
Sorg na buite: terugrapport oor voorbidding en uitreiking na mense in ons omgewing.
Onderlinge sorg:  ons bid vir mekaar se behoeftes.

VOLGENDE BYEENKOMS:
Oopmaak van jou hart  -  Psalm 141: 2; Openbaring 8: 3, 4


DIE GEBEDSLEWE (4)

GESINSVERKLARING:

TERUGRAPPORT: (20")

LOFPRYSING EN AANBIDDING: (20")

WOORD EN ANTWOORD: (40")
Tema:  Oopmaak van jou hart
Lees:  Psalm 141: 2;  Openbaring 8: 3, 4
1. Laat die verse twee maal hardop en rustig deurgelees word.  Lees dit weer ‘n keer biddend en in stilte deur.
2. Vertel vir mekaar wat die Here deur hierdie verse vir jou gesê het.
3. Waarom dink jy word die gebedslewe met wierook vergelyk?
4. Die Here wil nie “mooi” gebede hê nie; waarna, dink jy, soek Hy?
5. Twee-twee vra vir mekaar: “Hoe dink jy ervaar God jou gebedslewe”?
6. Soos in enige verhouding is gebed ‘n luister na God en ‘n antwoord op wat Hy gesê het.  Hy is jou Vader wat jou baie liefhet en jy kan jou hart vir Hom oopmaak.  Soos in enige gesprek kan daar ‘n hele aantal fasette wees soos aanbidding, danksegging en smeking maar dit kom spontaan en elke faset is nie altyd in elke gesprek teenwoordig nie.

Ons antwoord: Ons kniel met hande uitgestrek en bid saam die volgende: “Wonderlike Vader, maak my gebedslewe ‘n aangename offer van reukwerk wat U hart altyd sal blymaak”.  Moenie bang wees om dit te doen nie - dit is ‘n kragtige simbool.

LIEFDESBEDIENING: (20")
Uitreik: terugrapport oor ons betrokkenheid by onbereikte volksgroepe; gebed vir sendelinge.
Sorg na buite: terugrapport oor voorbidding en uitreiking na mense in ons omgewing.
Onderlinge sorg: ons bid vir mekaar se behoeftes.

VOLGENDE BYEENKOMS:
Gebed vir ander  -  Jakobus 5: 16 - 18


DIE GEBEDSLEWE (5)

GESINSVERKLARING:

TERUGRAPPORT: (20")

LOFPRYSING EN AANBIDDING: (20")

WOORD EN ANTWOORD: (40")
Tema:  Gebed vir ander
Lees:  Jakobus 5: 16 - 18
1. Lees die verse twee maal hardop en rustig deur; miskien in twee vertalings.  Lees dit weer ‘n keer biddend en in stilte deur.
2. Vertel vir mekaar wat die Here hierdeur vir jou gesê het.
3. Waarom dink jy het ‘n gelowige se gebed ‘n kragtige uitwerking?
4. Wat beteken die voorbeeld van Elia vir jou?
5.  Hoe getrou en opreg dink jy is ons voorbidding in die groep vir mekaar?
6. Op watter maniere behoort ons as geestelike huisgesin in gebed vir ander betrokke te raak?
7  ‘n Volwasse gelowige praat nie slegs met die Here oor sy/ haar eie behoeftes nie maar soek ook God se wil vir ander.  So iemand gaan staan as’t ware in iemand anders se plek en vra God se seën of ingryping in daardie een se lewe.  Die krag van ons gebed kom nie uit onsself uit nie maar uit Hom in wie se Naam ons voor die Troon staan.

Ons antwoord: Elkeen gaan maak hierdie week vir hom/haar uit of hy/sy werklik gewillig is om ‘n voorbidder te wees en kom rapporteer volgende keer terug.  Die gebedsleier organiseer dan die voorbidding.

LIEFDESBEDIENING: (20")
Uitreik: terugrapport oor ons betrokkenheid by onbereikte volksgroepe; gebed vir sendelinge.
Sorg na buite: terugrapport oor voorbidding en uitreiking na mense in ons omgewing.
Onderlinge sorg:  Luister na wat die Here op jou hart lê om nou vir iemand in die groep te bid.
.
VOLGENDE BYEENKOMS:
Liefdesdissipline  -  Psalm 45: 11 - 16


DIE GEBEDSLEWE (6)

GESINSVERKLARING:

TERUGRAPPORT: (20")

LOFPRYSING EN AANBIDDING: (20")

WOORD EN ANTWOORD: (40")
Tema:  Liefdesdissipline
Lees:  Psalm 45: 11 - 16
1. Lees die verse twee maal hardop en rustig deur.  Lees dit weer ‘n keer biddend en in stilte deur.
2. Vertel vir mekaar wat die Here hierdeur vir jou gesê het.
3. Evalueer  hierdie gesprekstema - elkeen antwoord eerlik:
* watter verandering het dit gebring aan jou geloofservaring van die Here se blywende teenwoordigheid?
 * tot watter mate het jy begin om regtig na die Here te luister wanneer jy met die Bybel besig is?
 * hoe hoor jy wat die Heilige Gees vir jou sê?
 * sukkel jy, of is jou gebedstye eerlike en openhartige gesprekke met jou ewige en liefdevolle Vader?
 * watter groei het daar gekom ten opsigte van gebed vir ander?
4. Watter algemene probleme rondom gebed het in hierdie tyd na vore gekom?
5. Gebed is die uiting van ‘n liefdesverhouding tussen die ewige Koning en sy bruid.  Al kom dit spontaan, vra ‘n verhouding nietemin tyd en aandag.  Sonder om wetties gebind te wees en met skuldgevoelens rond te loop, behoort ‘n gelowige elke dag tyd aan hierdie verhouding te spandeer.

Ons antwoord:  Iemand bid namens almal: “Here, help ons om nie hierdie gesprekke as ‘n formaliteit deur te gaan nie maar werklik te hoor wat U vir ons sê.  Help ons om te verander deur te groei.  Help ons om gehoorsaam te word al beteken dit ook dat U krisisse oor ons bring.”

LIEFDESBEDIENING: (20")
Uitreik: terugrapport oor ons betrokkenheid by onbereikte volksgroepe; gebed vir sendelinge.
Sorg na buite: terugrapport oor voorbidding en uitreiking na mense in ons omgewing.
Onderlinge sorg:   ons bid vir mekaar se behoeftes.

VOLGENDE BYEENKOMS: Nuwe gesprekstema