GEMEENTEVREUGDE

Gesprekstemas vir selgemeentes

Tema Nr 6:       LIEFDE IN DIE GELOOFSGESIN

© Outeursreg 1996  -  Gemeentevreugde.
Posbus 2736,  George  6530.   E-pos:  vreugde@icon.co.za
Gedrukte gesprekstemas is by bogenoemde adres beskikbaar.

Elektroniese kopie:  Oktober 2001.   Hierdie gesprekstema mag van die internet afgelaai en vermenigvuldig word.  Daar mag egter geensins aan die inhoud verander word nie.
Enige donasies vir die voortgang van die bediening word verwelkom.

Handleiding opgestel deur Marius Potgieter en Willem Badenhorst.

AGTERGROND

Hierdie gesprekstema is opgestel met die doel om
* die Skrif se lig op die prakiese uitlewing van die ware liefde te laat val;
* gelowiges te help om 'n keuse te maak om hulle medegelowiges sowel as ander met God se liefde lief te hê.

Hoe om die meeste seën uit hierdie gesprekstema te put:
* Beskou die gesprekstema slegs as ‘n hulpmiddel.
* Dit is nie ‘n handleiding vir Bybelstudie nie.  Die vrae handel nie in die eerste plek oor inligting of Bybelfeite nie maar help ons om regtig na die Here (wat deur sy Woord en Gees teenwoordig is) te luister.
* Enige persoon wat daarvoor kans sien, kan hierdie gesprek lei want dit vereis nie spesiale kennis of vernuf nie.
* Alhoewel die byeenkoms met ernstige gebed voorberei moet word, kan die gesprek nie voorberei word nie - dit word deur die Heilige Gees gelei.
* In God se oë is ons nie kerkmense wat bymekaar kom nie maar ‘n geestelike huisgesin; familielede wat rondom hulle Vader saam is om Hom en mekaar te geniet!

LIEFDE IN DIE GELOOFSGESIN (1)

GESINSVERKLARING

TERUGRAPPORT: (20")

LOFPRYSING EN AANBIDDING: (20")

WOORD EN ANTWOORD: (40")
Tema:   Liefde is 'n keuse
Lees:    Romeine 5: 3 - 8

1.   Lees die verse twee maal hardop en dan weer biddend in stilte.
2.   Wat het die Here deur hierdie verse vir jou gesê?
3.   Die liefde van God lyk anders as ons natuurlike liefde.  Waarin lê die verskil?
4.   Dink aan iemand waarvan jy nie hou nie...  Waarom sal jy instaat wees om so 'n persoon lief te hê?
5.   Ons is geleer dat liefde 'n gevoel is.  Wat sê die Bybel daaroor?
6.   God se liefde wat deur die Gees in sy kinders gewerk word is nie gevoelsliefde nie maar 'n lewenswyse van onselfsugtige diens. Hierdie lewenswyse kom nie vanself nie maar vra 'n wilsbeslissing, 'n lewenskeuse.

Ons antwoord:  Jy hou nie eweveel van almal in die selgemeente nie.  Kom ons sê vir die Here dat ons kies om mekaar in hierdie geestelike familie lief te hê.

LIEFDESBEDIENING: (20")
Uitreik:    Aandag word gegee aan en voorbidding gedoen vir die uitdra van die evangelie onder onbereikte volksgroepe.
Sorg na buite:    Aandag word gegee aan en voorbidding gedoen vir gesinsvriende of ander persone in die samelewing.
Onderlinge sorg:    Is daar enige gebed of voorbidding nodig vir lede van die selgemeente?  Het iemand ander hulp nodig?

VOLGENDE BYEENKOMS: Liefde deur onvoorwaardelike aanvaarding

LIEFDE IN DIE GELOOFSGESIN (2)

GESINSVERKLARING

TERUGRAPPORT: (20")

LOFPRYSING EN AANBIDDING: (20")

WOORD EN ANTWOORD: (40")
Tema:   Liefde deur onvoorwaardelike aanvaarding
Lees:     Jakobus 2: 5 - 9

1.   Lees die verse twee maal hardop en dan weer biddend in stilte.
2.   Vertel vir mekaar wat die Here deur hierdie verse vir jou gesê het.
3.   Volgens Jakobus kyk ons anders na mense as wat die Here dit doen (vergelyk verse 1, 4 en 6 met vers 5).  Waarom is ons geneig om dit te doen?
4.   Menslike oorwegings (besittings, ouderdom, bekwaamheid, ras, invloed, status, ens.) kan maklik 'n rol speel in 'n selgemeente se onderlinge verhoudings.  Bespreek die stelling.
5.   Vertel van voorbeelde waar jy volgens vers 9 oortree het, en die Here jou gesindheid verander het.
6.   Die liefde van God wat Hy in ons harte werk, is onselfsugtig en onvoorwaardelik.  Ons moet die ou natuur kruisig deur doelbewus te kies om mekaar as gelowiges te aanvaar soos die Here ons aanvaar het.

Ons antwoord:    Oorwinning hang dikwels saam met die erkenning van ons tekortkominge.  Wie sukkel nog om iemand onvoorwaardelik te aanvaar?  Bely dit teenoor mekaar en bid vir mekaar.

LIEFDESBEDIENING: (20")
Uitreik:    Aandag word gegee aan en voorbidding gedoen vir die uitdra van die evangelie onder onbereikte volksgroepe.
Sorg na buite:    Aandag word gegee aan en voorbidding gedoen vir gesinsvriende of ander persone in die samelewing.
Onderlinge sorg:    Is daar enige gebed of voorbidding nodig vir lede van die selgemeente?  Het iemand ander hulp nodig?

VOLGENDE BYEENKOMS: Liefde deur diensbaarheid

LIEFDE IN DIE GELOOFSGESIN (3)

GESINSVERKLARING

TERUGRAPPORT: (20")

LOFPRYSING EN AANBIDDING: (20")

WOORD EN ANTWOORD: (40")
Tema:   Liefde deur diensbaarheid
Lees:     1 Petrus 4: 7 - 10

1.   Lees die verse twee maal hardop en dan weer biddend in stilte.
2.   Wat het die Here deur hierdie verse vir jou gesê?
3.   Gesels oor die drie dinge wat in die teks genoem word waardeur ons diensbaarheid sigbaar word.
4.   Hoe kan ons prakties ons gasvryheid teenoor mekaar bewys?
5.   Om lief te hê is om te dien; ons moet uit harte wat dankbaar is vir die Here se onverdiende liefde ons mede-gelowiges net so liefhê as wat Hy ons liefhet.  Hierdie liefde word sigbaar in praktiese dade.

Ons antwoord:  Watter opdrag voel jy het die Here vanaand vir jou gegee?  Almal rapporteer volgende week oor die uitvoering van die opdragte.

LIEFDESBEDIENING: (20")
Uitreik:    Aandag word gegee aan en voorbidding gedoen vir die uitdra van die evangelie onder onbereikte volksgroepe.
Sorg na buite:    Aandag word gegee aan en voorbidding gedoen vir gesinsvriende of ander persone in die samelewing.
Onderlinge sorg:    Is daar enige gebed of voorbidding nodig vir lede van die selgemeente?  Het iemand ander hulp nodig?

VOLGENDE BYEENKOMS: Liefde deur selfoorgawe

LIEFDE IN DIE GELOOFSGESIN (4)

GESINSVERKLARING

TERUGRAPPORT: (20")  Sien vorige gesprekstema

LOFPRYSING EN AANBIDDING: (20")

WOORD EN ANTWOORD: (40")
Tema:   Liefde deur selfoorgawe
Lees:    1 Johannes 3: 16 - 18

1.   Lees die verse twee maal hardop en dan weer biddend in stilte.
2.   Vertel vir mekaar wat die Here deur hierdie verse vir jou gesê het.
3.   Wat is gewoonlik vir mense die moeilikste opofferings om te maak en hoekom?
4.   Om eerste aan ander se belange aandag te gee, vra opregte selfoorgawe.  Moenie met die moeilike dinge begin nie, maar praat oor die dinge wat ons maklik kan doen.  Dit help ons om nuut te begin dink.
5.   Dit gaan in liefde nie slegs oor fisiese selfoorgawe nie maar ook oor vertroue sodat ons al meer ons innerlike en verborge behoeftes, begeertes en vrese vir mekaar oopmaak.  Wat verhinder ons om heeltemal vir mekaar oop te maak?
6.   Ons praat maklik oor die liefde maar dit is nie iets wat in die lug hang nie - mense moet dit kan sien en ervaar.  Dit begin nie eers wanneer ek die groot dinge doen nie, maar wanneer elkeen van ons die klein dingetjies as 'n lewensstyl begin doen.

Ons antwoord:   Sit twee-twee bymekaar en bid vir mekaar dat elkeen sal groei in die uitvoering van hierdie Skrifgedeelte.

LIEFDESBEDIENING: (20")
Uitreik:    Aandag word gegee aan en voorbidding gedoen vir die uitdra van die evangelie onder onbereikte volksgroepe.
Sorg na buite:    Aandag word gegee aan en voorbidding gedoen vir gesinsvriende of ander persone in die samelewing.
Onderlinge sorg:   Is daar enige gebed of voorbidding nodig vir lede van die selgemeente?  Het iemand ander hulp nodig?

VOLGENDE BYEENKOMS:   Liefde deur bedagsaamheid

LIEFDE IN DIE GELOOFSGESIN (5)

GESINSVERKLARING

TERUGRAPPORT: (20")

LOFPRYSING EN AANBIDDING: (20")

WOORD EN ANTWOORD: (40")
Tema:   Liefde deur bedagsaamheid
Lees:    1 Korintiërs 13: 4 - 7

1.   Lees die verse twee maal hardop en dan weer biddend in stilte.
2.   Vertel vir mekaar wat die Here deur hierdie verse vir jou gesê het.
3.   Die Here se liefde in ons harte kom meestal na vore in die klein alledaagse dingetjies; kom ons noem verskillende maniere waarop ons bedagsaam teenoor mekaar kan wees.
4.   Op watter manier kan die liefde in ons as geloofsgesin "alles bedek", "alles glo", "alles hoop" en "alles verdra"?
5.   Die liefde van God in ons harte is die gesindheid van Jesus wat deur die Heilige Gees in ons gewerk word.  Dit word 'n praktiese lewenswyse wanneer ons gehoorsaam word en ons lewe rig op die voordeel en die geluk van die medemens wat ons pad kruis.  Ons eerste verantwoordelikheid is die geestelike familie waarbinne die Here ons plaas.

Ons antwoord:  Hoe gaan jou lewe beïnvloed word deur dit wat die Here vir jou gesê het?  Rapporteer volgende keer terug.

LIEFDESBEDIENING: (20")
Uitreik:    Aandag word gegee aan en voorbidding gedoen vir die uitdra van die evangelie onder onbereikte volksgroepe.
Sorg na buite:    Aandag word gegee aan en voorbidding gedoen vir gesinsvriende of ander persone in die samelewing.
Onderlinge sorg:    Is daar enige gebed of voorbidding nodig vir lede van die selgemeente?  Het iemand ander hulp nodig?

VOLGENDE BYEENKOMS: Evaluering

LIEFDE IN DIE GELOOFSGESIN (6)

GESINSVERKLARING

TERUGRAPPORT: (20")   Sien vorige gesprekstema

LOFPRYSING EN AANBIDDING: (20")

WOORD EN ANTWOORD: (40")
Tema:   Evaluering
Lees:    Johannes 13: 34, 35

1.   Lees die verse twee maal hardop en dan weer biddend in stilte.
2.   Vertel vir mekaar wat die Here deur hierdie verse vir jou gesê het.
3.   Hoe het die vorige vyf onderwerpe jou siening van wat liefde is, beïnvloed?
4.   Ons doel is nie slegs die groep se onderlinge liefde nie maar wel gehoorsaamheid aan die Here se opdrag.  Sy reddende en helpende liefde moet na mense in nood, ellende en sonde uitgedra word.  Hoe gaan ons hierdie doel bereik?
5.   Wanneer ons God se liefde prakties uitleef, word God sigbaar en vervul ons God se doel vir ons op aarde.  'n Selgemeente wat nie hiermee besig is nie, is besig met speletjies en mors sy tyd.

Ons antwoord:  Die uitleef van die liefde in die geloofsgesin is vir God 'n ernstige saak.  Kom ons verklaar almal hardop saam:  "Here dit is ook ons erns - help ons daarmee".

LIEFDESBEDIENING: (20")
Uitreik:   Aandag word gegee aan en voorbidding gedoen vir die uitdra van die evangelie onder onbereikte volksgroepe.
Sorg na buite:    Aandag word gegee aan en voorbidding gedoen vir gesinsvriende of ander persone in die samelewing.
Onderlinge sorg:   Is daar enige gebed of voorbidding nodig vir lede van die selgemeente?  Het iemand ander hulp nodig?

VOLGENDE BYEENKOMS:  Nuwe gesprekstema.