GEMEENTEVREUGDE

Gesprekstemas vir selgemeentes

Tema Nr 5:       LIG VIR DIE WÊRELD



© Outeursreg 1995  -  Gemeentevreugde.  Hersien April 2001.
Posbus 2736,  George  6530.   E-pos:  vreugde@icon.co.za
Gedrukte gesprekstemas is by bogenoemde adres beskikbaar.

Elektroniese kopie:  Oktober 2001.   Hierdie gesprekstema mag van die internet afgelaai en vermenigvuldig word.  Daar mag egter geensins aan die inhoud verander word nie.
Enige donasies vir die voortgang van die bediening word verwelkom.

Handleiding opgestel deur Marius Potgieter en Willem Badenhorst.


AGTERGROND

Hierdie gesprekstema is opgestel met die doel om
* die Skrif se lig te laat val op God se wonderlike rol vir die geloofsgemeenskap, naamlik om as Jesus se liggaam die lig van sy liefde uit te leef;
* gelowiges wat ‘n verkeerde idee oor die doel van die kerk het, vanuit die Skrif reg te help.

Hoe om die meeste seën uit hierdie gesprekstema te put:
* Beskou die gesprekstema slegs as ‘n hulpmiddel.
* Dit is nie ‘n handleiding vir Bybelstudie nie.  Die vrae handel nie in die eerste plek oor inligting of Bybelfeite nie maar help ons om regtig na die Here (wat deur sy Woord en Gees teenwoordig is) te luister.
* Enige persoon wat daarvoor kans sien, kan hierdie gesprek lei want dit vereis nie spesiale kennis of vernuf nie.
* Alhoewel die byeenkoms met ernstige gebed voorberei moet word, kan die gesprek nie voorberei word nie - dit word deur die Heilige Gees gelei.
* In God se oë is ons nie kerkmense wat bymekaar kom nie maar ‘n geestelike huisgesin; familielede wat rondom hulle Vader saam is om Hom en mekaar te geniet!


LIG VIR DIE WÊRELD (1)

GESINSVERKLARING

TERUGRAPPORT: (20")

LOFPRYSING EN AANBIDDING: (20")

WOORD EN ANTWOORD: (40")
Tema:    Lig as “wees” en “doen”
Lees:     1 Johannes 1: 5 en Johannes 1: 1 tot 9

1.   Lees die verse twee maal hardop en dan weer biddend in stilte.  Laat die Heilige Gees met jou daardeur praat.
2.   Vertel vir mekaar wat het die Here deur hierdie verse vir jou gesê het.
3.   Wat dink jy, kan alles onder die woord “duisternis” verstaan word?
4.   Hoe oorwin Christus prakties die duisternis in ons eie lewens?
5.   Hoe oorwin Hy die duisternis in die wêreld deur ons te gebruik?
6.   Jesus is God se Lig in die stryd teen die duisternis.  Hy oorwin die duisternis van sonde en ellende, siekte en dood.  Hy woon in ons en omdat sy lig die duisternis in ons verdryf het, word ons, soos Johannes, ook getuies van die Lig.

Ons antwoord:   Verdeel in groepies van drie.  Vertel vir mekaar wat dit vir jou beteken om deel te hê aan God se lig.  Bid vir mekaar vir voortgaande oorwinning in elkeen se lewe.

LIEFDESBEDIENING: (20")
Uitreik:    Ons doen nou voorbidding vir die onbereikte volksgroep waar die sendelinge wat deur ons ondersteun word, werksaam is.
Sorg na buite:    Ons bid ook vir die mense in die samelewing waarby sommige van ons betrokke is om die liefde van Jesus uit te lewe.
Onderlinge sorg:    Wie sorg vir wie hierdie week?  Onthou dit is baie belangrik om na mekaar om te sien gedurende die week.

VOLGENDE BYEENKOMS:
Eienskappe van die Lig-lewe  -   Johannes 8: 12  en 1 Johannes 2: 8 tot 10.


LIG VIR DIE WÊRELD (2)

GESINSVERKLARING

TERUGRAPPORT: (20")

LOFPRYSING EN AANBIDDING: (20")

WOORD EN ANTWOORD: (40")
Tema:   Eienskappe van die Lig-lewe
Lees:    Johannes 8: 12 en 1 Johannes 2: 8 tot 10

1.   Lees die verse twee maal hardop en dan weer biddend in stilte terwyl jy luister na die Heilige Gees.
2.   Wat het die Here deur hierdie verse op jou hart gelê?
3.   Hoe lyk die Lig-lewe volgens hierdie teksverse?
4.   Josef Moleka werk vyftien jaar al in ‘n staatsdepartement sonder enige bevorderingsgeleenthede.  Josef word nou as direkteur aangestel bokant Jurie Snyman wat vir die afgelope vyf jaar adjunk-direkteur is.  Albei is gelowiges wat die Lig-lewe moet uitleef.  Wat sou jy in elkeen se plek gedoen het?
5.   As huisgesin van God is die Lig-lewe van Jesus ons nuwe lewe.  Soos Hy, dra ons die liefde van God die wêreld in.  Soos Hy, leef ons aan God toegewy en oorwinnend oor sonde.  Soos in sy geval is ons lewe die sigbare getuienis van die Vader se heerskappy en is ons nie skaam om die evangelie uit te dra nie.

Ons antwoord:   Elkeen kry in ‘n stil gebed geleentheid om voor die Here te bely dat, wanneer dinge aan ons eie lyf kom vat, ons moeilik die Lig-lewe van Jesus uitleef.  Die herder-leier bid namens die selgemeente en verklaar dat almal bereid is om Jesus voluit te volg.

LIEFDESBEDIENING: (20")
Uitreik:    Kom ons bid vir ontvanklikheid vir die evangelie onder die mense van die bevolkingsgroep waar ons sendelinge werksaam is.
Sorg na buite:    Maak kontak gedurende die week met een van jou gesinsvriende en kyk waar jy tot diens kan wees.
Onderlinge sorg:    Wie het hulp of ondersteuning nodig?  Watter gesin neem verantwoordelikheid vir wie gedurende die komende week?

VOLGENDE BYEENKOMS:
Die Lig vir die wêreld  -  Jesaja 42: 6 en Matteus 5: 14 tot 16.


LIG VIR DIE WÊRELD  (3)

GESINSVERKLARING

TERUGRAPPORT: (20")

LOFPRYSING EN AANBIDDING: (20")

WOORD EN ANTWOORD: (40")
Tema:   Die lig vir die wêreld
Lees:    Jesaja 42: 6 en Matteus 5: 14 tot 16

1.   In Jesaja is die Persoon wat as die Lig aangestel is, die komende Messias.  In Handelinge 13: 47 verklaar Paulus die gedeelte en wys daarop dat hierdie belofte geld vir Jesus en die gelowiges wat aan Hom verbonde is.
2.   Lees die verse twee maal hardop en dan weer biddend in stilte.
3.   Waarvan het die Here jou deur hierdie verse bewus gemaak?
4.   Wat moet ons as selgemeente doen sodat ons Vader in die hemel regtig verheerlik kan word?
5.   Hoe kan ons God se lig laat skyn na ander nasies toe, veral volksgroepe waar die evangelie feitlik onbekend is?
6.   God wil sy Lig in elke mens se lewe laat skyn.  As geloofsgesin is ons die draers van hierdie Lig.  Dis ook ons verantwoordelikheid om die lig van God na die onbereikte volke en volksgroepe wat nog in die duisternis lewe, te dra.

Ons antwoord:   Wys iemand uit die selgemeente aan wat by die organisasie “Adopt a people” of op ‘n ander wyse inligting sal kry oor onbereikte volke.  Bid dat die Here julle selgemeente sal wys by wie hy wil hê dat julle betrokke moet raak.

LIEFDESBEDIENING: (20")
Uitreik:   Voorbiddng word nou gedoen vir die sendelinge wat ons ondersteun of van wie ons weet asook hulle kontakte.
Sorg na buite:    Kom ons bid nou saam vir ons gesinsvriende met wie ons tans verhoudings bou.
Onderlinge sorg:    Wie in ons geloofsgesin het nou hulp of voorbidding nodig?  Wie bid vir wie hierdie komende week?

VOLGENDE BYEENKOMS:
God se teenwoordigheid word sigbaar  -  Jesaja 60: 1 tot 3 en 2 Korintiërs 4: 6.


LIG VIR DIE WÊRELD  (4)

GESINSVERKLARING

TERUGRAPPORT: (20")

LOFPRYSING EN AANBIDDING: (20")

WOORD EN ANTWOORD: (40")
Tema:   God se teenwoordigheid word sigbaar
Lees:    Jesaja 60:  1 tot 3 en 2 Korintiërs 4: 6

1.   Lees die verse twee maal hardop en dan weer biddend in stilte.
2.   Wat het die Here deur hierdie verse vir jou gesê?
3.   Hoe kan die lig wat ons uitleef mense na God toe aantrek?
4.   Nie elke “kerk” is waarlik Jesus se gemeente nie.  Wat kenmerk ‘n ware gemeente in die lig van hierdie teksgedeeltes?
5.   Steve Scholtz is die eienaar van ‘n groot besigheid.  Hulle werk lang ure en vanweë ‘n baie vol program het hy nie eers tyd om by sy gesin te wees nie.  Hoe gaan hy die lig van God uitleef?
6.   Die werklikheid en krag van God móét sigbaar word.  Elke mens kan dit met reg by die kerk soek anders is ons nie kerk soos God dit bedoel het nie.  Hierdie krag word nie sigbaar deur allerlei buitengewone dinge of aktiwiteite nie maar wanneer die onvoorwaardelike liefde van God deur ons na die wêreld skyn.

Ons antwoord:   Vir God is hierdie saak prioriteit.  Toets jouself: is dit ook vir jou ‘n prioriteit?  Is ons nie dalk ook in die selgemeente besig om kerk te speel in plaas daarvan om ‘n liefdesgemeenskap te wees nie?

LIEFDESBEDIENING: (20")
Uitreik:   Ons bid dat God se liefde sigbaar sal word oral waar die evangelie verkondig word, veral onder die volksgroep waar ons sendelinge werksaam is.
Sorg na buite:   Kom ons maak dit ons erns om hierdie week daadwerklik uit te reik na ons gesinsvriende.  Ons bid vir sulke geleenthede.
Onderlinge sorg:    Wie sorg vir wie in ons geloofsgesin gedurende die komende week?   Wie het vanaand gebed nodig?

VOLGENDE BYEENKOMS:
Die Lig red en verlos  -  Handelinge 26:  15 tot 23.


LIG VIR DIE WÊRELD (5)

GESINSVERKLARING

TERUGRAPPORT: (20")

LOFPRYSING EN AANBIDDING: (20")

WOORD EN ANTWOORD: (40")
Tema:   Die Lig red en verlos
Lees:    Handelinge 26: 15 tot 23

1.   Lees die verse twee maal hardop en dan weer biddend in stilte terwyl jy sensitief is vir die stem van die Here.
2.   Wat het die Here deur hierdie verse vir jou gesê?
3.    Waarvan het die Here jou al verlos?  Vertel vir mekaar.
4.   Hoe word ‘n mens deur die lig bevry van verkeerde gedagtes of van ‘n vinnige humeur?
5.   Die Here wil ons gebruik sodat ander mense bevry kan word.  Tot watter mate moet ‘n mens eers self bevryding beleef om bruikbaar te wees?
6.   Die Lig maak ‘n mens vry.  Die oorwinningskrag van Jesus laat ons vergifnis van sonde ervaar, stel ons al meer in staat om sonde te oorwin en gee vir ons die gesag om die bose te weerstaan.  Omdat ons hierdie bevryding algaande prakties ervaar, gebruik die Here ons ook in ander se lewens.

Ons antwoord:    Die liefde wat ons uitleef verander mense.  Van watter blokkasies moet jy nog bevry word om maksimaal gebruik te word?  Praat met die Here daaroor in stil gebed.

LIEFDESBEDIENING: (20")
Uitreik:    Kom ons bid vir die behoeftes van die sendelinge wat deur ons ondersteun word.  Hoe kan ons hulle verseker van ons liefde en ondersteuning?
Sorg na buite:    Ons bid vir familie, vriende, bure of ander kontakte teenoor wie ons die liefde van Jesus tans doelbewus uitleef.
Onderlinge sorg:    Is daar spesifieke behoeftes in die geloofsgesin waarvoor ons kan bid of waarmee ons kan help?  Wie bid vir wie gedurende die komende week?

VOLGENDE BYEENKOMS:
Evaluering  -  Efesiërs 5:  8 tot 14.


LIG VIR DIE WÊRELD (6)

GESINSVERKLARING

TERUGRAPPORT: (20")

LOFPRYSING EN AANBIDDING: (20")

WOORD EN ANTWOORD: (40")
Tema:   Evaluering
Lees:    Efesiërs 5: 8 tot 14

1.   Lees die verse twee maal hardop en dan weer biddend in stilte terwyl jy verwag dat die Here hierdeur met die groep wil praat..
2.   Wat het die Here deur hierdie verse op jou hart gelê?

Ons antwoord:
3.   Sê kortliks in jou eie woorde waaroor die onderwerp die afgelope paar weke gehandel het.
4.   Elkeen sê wat vir hom/haar van besondere betekenis was.
5.   Op watter manier het dit ons gehelp om nou anders as voorheen te lewe?
6.   In watter mate is ons as selgemeente ‘n ligbaken in die duisternis - hoeveel punte uit tien gee ons onsself?
7.   Wat kan ons selgemeente doen om God se visie vir ons nog beter uit te leef?   Elkeen sê eerlik wat hom/haar nog hinder.

LIEFDESBEDIENING: (20")
Uitreik:    Kom ons bid dat daar lig van verlossing en genesing sal skyn in die duiternis van ellende en siekte in Afrika en ons eie land.
Sorg na buite:    Ons bid vanaand vir ons gesinne wat nog nie  gesinsvriende het nie.  Ons vra dat die Here sulke kontakte sal gee asook gewilligheid om met liefde by hulle betrokke te raak.
Onderlinge sorg:    Het iemand vanaand voorbidding nodig?   Wie sorg die komende week vir wie in ons geloofsgesin?

VOLGENDE BYEENKOMS:
Nuwe gesprekstema.