GEMEENTEVREUGDE

Gesprekstemas vir selgemeentes

Tema Nr 4:       SOUT VIR DIE AARDE



© Outeursreg 1995  -  Gemeentevreugde.  Hersien Februarie 2001.
Posbus 2736,  George  6530.   E-pos:  vreugde@icon.co.za
Gedrukte gesprekstemas is by bogenoemde adres beskikbaar.

Elektroniese kopie:  Oktober 2001.   Hierdie gesprekstema mag van die internet afgelaai en vermenigvuldig word.  Daar mag egter geensins aan die inhoud verander word nie.
Enige donasies vir die voortgang van die bediening word verwelkom.

Handleiding opgestel deur Marius Potgieter en Willem Badenhorst.


AGTERGROND

Hierdie gesprekstema is opgestel met die doel om
* die Skrif se lig te laat val op gelowiges se andersheid en die invloed wat van hulle af uitgaan;
* gelowiges te help om hulle diens aan die Here as ‘n voltydse lewenswyse van liefdesdiens te verstaan;
* gelowiges te help om praktiese keuses te maak ten opsigte van hulle daaglikse invloed in die samelewing.

Hoe om die meeste seën uit hierdie gesprekstema te put:
* Beskou die gesprekstema slegs as ‘n hulpmiddel.
* Dit is nie ‘n handleiding vir Bybelstudie nie.  Die vrae handel nie in die eerste plek oor inligting of Bybelfeite nie maar help ons om regtig na die Here (wat deur sy Woord en Gees teenwoordig is) te luister.
* Enige persoon wat daarvoor kans sien, kan hierdie gesprek lei want dit vereis nie spesiale kennis of vernuf nie.
* Alhoewel die byeenkoms met ernstige gebed voorberei moet word, kan die gesprek nie voorberei word nie - dit word deur die Heilige Gees gelei.
* In God se oë is ons nie kerkmense wat bymekaar kom nie maar ‘n geestelike huisgesin; familielede wat rondom hulle Vader saam is om Hom en mekaar te geniet!


SOUT VIR DIE AARDE (1)

GESINSVERKLARING

TERUGRAPPORT: (20")

LOFPRYSING EN AANBIDDING: (20")

WOORD EN ANTWOORD: (40")
Tema:    Sout as “wees” en “doen”
Lees:     Matteus 5: 13

1.   Lees die verse twee maal hardop en dan weer biddend in stilte deur.
2.   Vertel  vir mekaar wat die Here deur hierdie vers vir jou gesê het.
3.   Sout werk onsigbaar en onhoorbaar.  Wat leer ons daaruit oor die invloed wat ons as gelowiges in die wêreld het?
4.   Sout kan slegs ‘n effek hê as dit totaal anders is.  Wat veroorsaak dat die kind van die Here totaal anders is as ander mense?
5.   In watter opsigte behoort kinders van die Here “anders” op te tree as ander mense?
6.   Die kinders van die Here is anders as die wêreld as gevolg van die nuwe lewe van Jesus wat in hulle is.  Hulle tree nou anders op en het daarom ‘n groot invloed op die samelewing, selfs al is hulle nie altyd daarvan bewus nie.

Ons antwoord:  Twee-twee sê vir mekaar waarvan die Here hulle oortuig het, asook wat elkeen gaan doen in verband met dit wat die Here wil hê.  Ons bid nou twee-twee vir mekaar.

LIEFDESBEDIENING: (20")
Uitreik:    aandag word gegee aan en voorbidding gedoen vir die uitdra van die evangelie onder  onbereikte volksgroepe;  gebed vir sendelinge.
Sorg na buite:   aandag word gegee aan en voorbidding gedoen vir gesinsvriende of ander persone in die samelewing na wie ons uitreik.
Onderlinge sorg:    is daar voorbidding nodig vir iemand in ons  selgemeente?  Het iemand ander hulp nodig?

VOLGENDE BYEENKOMS:
Die eienskappe van die sout-lewe  -  Matteus 5: 3 - 13.


SOUT VIR DIE AARDE (2)

GESINSVERKLARING

TERUGRAPPORT: (20")

LOFPRYSING EN AANBIDDING: (20")

WOORD EN ANTWOORD: (40")
Tema:    Die eienskappe van die sout-lewe
Lees:     Matteus 5: 3 - 13

1.   Lees die verse twee maal hardop en dan weer biddend in stilte deur.
2.   Vertel vir mekaar wat die Here hierdeur vir jou gesê het.
3.   Watter 8 eienskappe van die andersoortige lewe word hier genoem?
4.   Hoe kan mense met hierdie eienskappe ‘n invloed op die aarde hê soos wat sout in kos het?
5.   Die sout-lewe is nie maklik nie - dit kos baie.  Waarom is dit moeilik volgens hierdie gedeelte?  Hoe ervaar jy dit?
6.   Die sout-lewe is Jesus se lewe: om dit te kry kos baie want ‘n mens moet jouself verloën deur jou volle lewe aan Jesus oor te gee.  Dit het egter wonderlike gevolge vir jouself en vir die koninkryk van God.

Ons antwoord:    Waaraan wil die Here hê moet jy aandag gee in hierdie komende week?  Praat nou met Hom daaroor in stil gebed.

LIEFDESBEDIENING: (20")
Uitreik:    aandag word gegee aan en voorbidding gedoen vir die uitdra van die evangelie onder onbereikte volksgroepe;  gebed vir sendelinge.
Sorg na buite:    aandag word gegee aan en voorbidding gedoen vir gesinsvriende of ander persone in die samelewing na wie ons Jesus se liefde uitleef.
Onderlinge sorg:    is daar voorbidding nodig vir iemand in ons selgemeente?  Het iemand ander hulp nodig?.

VOLGENDE BYEENKOMS:
Die kontras tussen gelowige en wêreld  -  Markus 9: 43 - 50


SOUT VIR DIE AARDE (3)

GESINSVERKLARING

TERUGRAPPORT: (20")

LOFPRYSING EN AANBIDDING: (20")

WOORD EN ANTWOORD: (40")
Tema:    Die kontras tussen gelowige en wêreld
Lees:     Markus 9: 43 - 50

1.   In die oorspronklike taal sê vers 49: “Want elkeen sal met vuur gesout word” en die Lewende Bybel sê:  “Elkeen sal met vuur getoets word”.  Lees die verse twee maal hardop en dan weer biddend in stilte deur.  Stel jouself oop vir die Heilige Gees.
2.   Vertel vir mekaar wat die Here hierdeur vir jou gesê het.
3.   Sout en vuur is reinigingsmiddels.  Hoe kom dit na vore in hierdie gedeelte?
4.   Wat moet jy as gelowige doen om werlik weer sout te wees - die krag van christenskap te beleef?
5.   Hoe moet ons die “afkap”-proses in ons situasie verstaan?
6.   Daar is niks gevaarliker as louheid in die gelowige se lewe nie.  Die wêreldse “christen” verloor sy andersheid.  Die lou “christen” het ‘n keuse: óf hy sal verlore gaan in die vuur van die hel, óf hy moet homself laat louter deur die (vuur van) swaarkry as gevolg van ‘n radikale oorgawe aan die Here.

Ons antwoord:   Watter dinge is daar wat tans jou toewyding aan die Here verswak - watter dinge het jou soutsmaak verminder?  Vertel vir mekaar wat elkeen hieromtrent gaan doen.

LIEFDESBEDIENING: (20")
Uitreik:   aandag word gegee aan en voorbidding gedoen vir die uitdra van die evangelie onder onbereikte volksgroepe;  gebed vir sendelinge.
Sorg na buite:   aandag word gegee aan en voorbidding gedoen vir gesinsvriende of ander persone in die samelewing na wie ons uitreik.
Onderlinge sorg:   is daar voorbidding nodig vir iemand in ons selgemeente?  Het iemand ander hulp nodig?.

VOLGENDE BYEENKOMS:
Die gelowige gee smaak  -  Kolossense 4: 2 - 6.


SOUT VIR DIE AARDE (4)

GESINSVERKLARING

TERUGRAPPORT: (20")

LOFPRYSING EN AANBIDDING: (20")

WOORD EN ANTWOORD: (40")
Tema:    Die gelowige gee smaak
Lees:     Kolossense 4: 2 - 6

1.   Laat die verse twee maal hardop en dan weer biddend in stilte deurgelees word.
2.   Vertel  vir mekaar wat die Here deur hierdie verse vir jou gesê het.
3.   Volgens die oorspronklike Grieks (vers 6) moet ons woorde soos sout wees.  Watter “sout”-woorde moet ons praat om soos Paulus in vers 3 en 4 mense se lewens te verander
4.   Wat verhinder jou om hierdie soutsmaak uit te leef?
5.   Wat kan aan sulke hindernisse gedoen word?
6.   Mense se lewens is betekenisloos en smaakloos omdat hulle verlore gaan.  Die kinders van die Here het die Jesus-lewe ontvang en hulle maak ander mense se lewens betekenisvol en smaaklik wanneer dié mense Christus deur hulle leer ken.

Ons antwoord:   Wat het die Gees van die Here vir jou persoonlik gesê?

LIEFDESBEDIENING: (20")
Uitreik:    aandag word gegee aan en voorbidding gedoen vir die uitdra van die evangelie onder onbereikte volksgroepe; gebed vir sendelinge.
Sorg na buite:   aandag word gegee aan en voorbidding gedoen vir gesinsvriende of ander persone in die samelewing met wie ons “sout”-verhoudings het.
Onderlinge sorg:   is daar voorbidding nodig vir iemand in ons  selgemeente?  Het iemand ander hulp nodig?

VOLGENDE BYEENKOMS:
Die gelowige se genesende invloed  -  2 Konings 2:  19 - 22.


SOUT VIR DIE AARDE (5)

GESINSVERKLARING

TERUGRAPPORT: (20")

LOFPRYSING EN AANBIDDING: (20")

WOORD EN ANTWOORD: (40")
Tema:    Die gelowige se genesende invloed
Lees:     2 Konings 2: 19 - 22

1.   Lees die verse twee maal hardop en dan weer biddend in stilte deur.
2.   Vertel vir mekaar wat die Here hierdeur vir jou gesê het.
3.   Noem en bespreek die dood en ellende, die sosiale verrotting en die onvrugbaarheid wat julle daagliks teëkom.
4.   Dis God alleen wat genesing van die wêreld kan teweegbring.  Hoe kan ons soos die sout die verrotting van die wêreld teëwerk?
5.    Let op die rol wat geloof in Elisa se besoek aan Jerigo gespeel het; wat leer ons daaruit oor ons invloed as sout vir die aarde?
6.   Ons leef te midde van dood en onvrugbaarheid wat gevolge van die sonde is.  Die gelowige is nie alleen ‘n draer van nuwe lewe wat betekenis gee nie maar ook van krag wat seerkry genees.  Kinders van die Here werk verrotting teë en bring hoop en lewe.

Ons antwoord: Vorm groepies van twee of drie en bespreek: waaroor het jy nuwe insigte of opdragte gekry?  Wat gaan jy daaromtrent doen?

LIEFDESBEDIENING: (20")
Uitreik:   aandag word gegee aan en voorbidding gedoen vir die uitdra van die evangelie onder  onbereikte volksgroepe;  gebed vir sendelinge.
Sorg na buite:   aandag word gegee aan en voorbidding gedoen vir gesinsvriende of ander persone in die samelewing aan wie ons tans aandag gee.
Onderlinge sorg:    is daar voorbidding nodig vir iemand in ons selgemeente?  Het iemand ander hulp nodig?

VOLGENDE BYEENKOMS:
Evaluering  -   Levitikus 2: 13


SOUT VIR DIE AARDE (6)

GESINSVERKLARING

TERUGRAPPORT: (20")

LOFPRYSING EN AANBIDDING: (20")

WOORD EN ANTWOORD: (40")
Tema:    Evaluering
Lees:     Levitikus 2: 13

1.   Lees die vers twee maal hardop en dan weer biddend in stilte deur.
2.   Vertel vir mekaar wat die Here hierdeur vir jou gesê het.
3.   Die sout was in die Ou Testament ‘n teken van God se getrouheid in sy verbondsooreenkoms met sy volk.  Watter boodskap gee God vir die wêreld as Hy ons “sout” noem?
4.   Ons was die afgelope paar weke besig met die waarheid dat jy anders is as die wêreldse mense.  Watter invloed het dit op jou gehad?
5.   Wat is jou ideaal - hoe wil jy graag lewe?
6.   Wat is die werklikheid - hoe sterk is jou soutsmaak?
7.   Wat het jy gedoen in verband met die dinge wat jou smaak verswak het?
8.   Die beeld van die sout wys veral op die “onsigbare” invloed wat God se kinders in die wêreld uitoefen.

Ons antwoord: Kom ons kyk terug na die pad wat ons al gekom het en noem die plekke waar ons as groep wel deur die Here as sout in sy hand gebruik is.

LIEFDESBEDIENING: (20")
Uitreik:    aandag word gegee aan en voorbidding gedoen vir die uitdra van die evangelie onder onbereikte volksgroepe; gebed vir sendelinge.
Sorg na buite:    aandag word gegee aan en voorbidding gedoen vir gesinsvriende of ander persone in die samelewing.
Onderlinge sorg:    is daar voorbidding nodig vir enige persoon in ons selgemeente?  Het iemand ander hulp nodig?

VOLGENDE BYEENKOMS:
Nuwe gesprekstema.