|
Gesprekstemas vir selgemeentes |
![]() |
Tema Nr 1: DIE HUISGESIN VAN GOD
Elektroniese kopie: Oktober 2001. Hierdie
gesprekstema mag van die internet afgelaai en vermenigvuldig word.
Daar mag egter geensins aan die inhoud verander word nie.
Enige donasies vir die voortgang
van die bediening word verwelkom.
Handleiding opgestel deur Marius Potgieter en Willem Badenhorst.
Hierdie gesprekstema is opgestel met die doel om
* die Skrif se lig op die geloofsgemeenskap as die geloofsgesin rondom
God as Vader te laat val;
* gelowiges te motiveer tot 'n doelbewuste keuse om hulle aan die ander
gelowiges te verbind tot 'n ware verhoudingskerk.
Hoe om die meeste seën uit hierdie gesprekstema te put:
* Beskou die gesprekstema slegs as ‘n hulpmiddel.
* Dit is nie ‘n handleiding vir Bybelstudie nie. Die vrae handel
nie in die eerste plek oor inligting of Bybelfeite nie maar help ons om
regtig na die Here (wat deur sy Woord en Gees teenwoordig is) te luister.
* Enige persoon wat daarvoor kans sien, kan hierdie gesprek lei want
dit vereis nie spesiale kennis of vernuf nie.
* Alhoewel die byeenkoms met ernstige gebed voorberei moet word, kan
die gesprek nie voorberei word nie - dit word deur die Heilige Gees gelei.
* In God se oë is ons nie kerkmense wat bymekaar kom nie maar
‘n geestelike huisgesin; familielede wat rondom hulle Vader saam is om
Hom en mekaar te geniet!
DIE HUISGESIN VAN GOD (1)
GESINSVERKLARING: Die voorganger lees die gesinsverklaring en dra die byeenkoms in gebed aan die Here op.
KEN-MEKAAR: (40")
1. Elkeen in die groep vertel kortliks waar hy/sy
groot geword het en wie op 12-jarige ouderdom (graad 7) die grootste invloed
op sy/haar lewe gehad het. Waarom sou jy hierdie persoon uitsonder?
2. Vir watter ervaring in jou lewe is jy die Here
besonder dankbaar?
LOFPRYSING EN AANBIDDING: (20")
Kom ons loof die Here met 'n paar liedere afgewissel deur kort gebede
van aanbidding.
WOORD EN ANTWOORD: (40")
Tema: Die woonplek van God
Lees: 1 Korintiërs 6: 19
- 20
1. Laat die gedeelte twee maal hardop gelees word.
2. Gee geleentheid dat elkeen biddend dit in stilte weer
lees om te hoor wat die Here daardeur vir hom/haar wil sê.
3. Vertel vir mekaar wat die Here deur hierdie verse vir
jou gesê het.
4. Waarom kan 'n mens na die koms van Jesus (Nuwe Testament)
nie meer van 'n gebou as die huis van die Here praat nie?
5. Eintlik is Jesus die enigste woonplek van God (Kolossense
1: 19) maar omdat Hy as die Gees in jou woon, is jy ook God se woonplek.
Jy is nou deel van Jesus se liggaam op aarde.
Ons antwoord: God het gepraat. Hy verwag 'n antwoord. Kom ons bevestig dit deur gesamentlik hardop te verklaar: "Ek is 'n tempel van die Heilige Gees; ek is die woonplek van God"
LIEFDESBEDIENING: (20")
Uitreik: bid gedurende hierdie week vir christene
wat vervolg word.
Sorg na buite: die Here wil ons gebruik om 'n invloed
op ons omgewing te hê. Bid vir jou bure en die mense wat saam
met jou werk.
Onderlinge sorg: bid gedurende die week vir die
persoon wat nou aan jou regterkant sit.
Reëlings: is die plek en tyd van byeenkoms
in orde?
VOLGENDE BYEENKOMS:
Woonplek van God (20) - Efesiërs 2: 20 - 22
DIE HUISGESIN VAN GOD (2)
GESINSVERKLARING: Die voorganger lees die gesinsverklaring en een van die groeplede dra die byeenkoms in gebed aan die Here op.
TERUGRAPPORT: (20")
Wat het die besef dat jy die woonplek van God is die afgelope week
vir jou beteken? Is daar iets anders wat jy wil vertel?
LOFPRYSING EN AANBIDDING: (20")
Kom ons loof die Here met 'n paar liedere afgewissel deur kort gebede
van aanbidding.
WOORD EN ANTWOORD: (40")
Tema: Woonplek van God (2)
Lees: Efesiërs 2: 20 - 22.
1. Laat die gedeelte twee maal hardop gelees word.
2. Gee geleentheid dat elkeen dit biddend in stilte weer
lees om te hoor wat die Here daardeur vir hom/haar wil sê.
3. Vertel vir mekaar wat die Here deur hierdie verse vir
jou gesê het.
4. Waarom dink jy lê Paulus hier die klem op "julle"
ipv. "jy"?
5. Watter woorde in hierdie gedeelte dui op die sentrale
posisie wat Jesus Christus inneem? Noem dit en merk hulle in jou
Bybel.
6. Waarom is die feit dat ons 'n groep is 'n noodsaaklikheid
in die lig van hierdie verse?
7. Jy is nie alleen die woonplek van God nie maar
is absoluut afhanklik van medegelowiges om saam gestelte aab due here se
geestelike huis te gee. Ons as groep is die woonplek van God.
Ons antwoord: Hoe gaan die teenwoordigheid van God
in jou medegelowiges jou lewe prakties beïnvloed?
Bid nou hardop saam die "Ons Vader"-gebed.
LIEFDESBEDIENING: (20")
Uitreik: bid vir christene in Moslemlande.
Sorg na buite: bid vir jou familie en vriende wat
die Here op jou hart lê.
Onderlinge sorg: waarvoor wil jy hê moet die
groep vir jou bid of saam met jou bly wees?
VOLGENDE BYEENKOMS:
Kinders van die Vader - Romeine 8: 15
DIE HUISGESIN VAN GOD (3)
GESINSVERKLARING: Die voorganger lees die gesinsverklaring en een van die groeplede dra die byeenkoms in gebed aan die Here op.
TERUGRAPPORT: (20")
Vertel van 'n vreugdevolle ervaring wat jy die afgelope week beleef
het.
LOFPRYSING EN AANBIDDING: (20")
Kom ons loof die Here met 'n paar liedere afgewissel deur kort gebede
van aanbidding.
WOORD EN ANTWOORD: (40")
Tema: Kinders van die Vader
Lees: 1 Johannes 3: 1; Romeine
8: 15
1. Laat die verse twee maal hardop gelees word.
2. Daar is nou geleentheid dat elkeen biddend dit in stilte
weer lees om te hoor wat die Here daardeur vir hom/haar wil sê.
3. Vertel vir mekaar wat die Here deur hierdie verse vir
jou gesê het.
4. Hoe ervaar mense oor die algemeen vir God (in teenstelling
met dit wat die Bybel sê)?
5. God is volgens hierdie gedeelte regtig 'n Pa vir ons;
watter praktiese implikasies het dit vir ons as selgemeente?
6. Die Bybel maak dit duidelik: God se verhouding
met ons is 'n persoonlike en intieme Vader-kind-verhouding.
Ons antwoord: Skryf vir jou hemelse Pa in een sinnetjie
neer hoe jy diep in jou hart oor Hom voel. Wees eerlik - Hy verstaan.
............................................................................................................................
LIEFDESBEDIENING: (20")
Uitreik: kom ons bid hierdie week vir die gelowiges
in Sjina.
Sorg na buite: bid vir die leiers van ons plaaslike
gemeenskap.
Onderlinge sorg: Is daar persone wat 'n spesifieke
behoefte vir gebed het? Kom ons gee geleentheid dat iemand daarvoor
intree by ons Pa.
VOLGENDE BYEENKOMS:
Die huisgesin van die Here - 1 Timoteus 3: 15.
DIE HUISGESIN VAN GOD (4)
GESINSVERKLARING: Almal lees die gesinsverklaring hardop saam en een van die groeplede dra die byeenkoms in gebed aan die Here op.
TERUGRAPPORT: (20")
Hoe het jy die Here se Vaderliefde die afgelope week ervaar?
LOFPRYSING EN AANBIDDING: (20")
Kom ons loof die Here met 'n paar liedere wat ons vir Hom sing; ons
wissel dit af met enkele kort gebede van aanbidding.
WOORD EN ANTWOORD: (40")
Tema: Die huisgesin van die Here
Lees: 1 Timoteus 3: 15
1. Laat die gedeelte twee maal hardop gelees word.
2. Gee geleentheid dat elkeen biddend dit in stilte weer
lees om te hoor wat die Here daardeur vir hom/haar wil sê.
3. Vertel wat die Here deur hierdie verse vir jou gesê
het.
4. Wat maak 'n gewone huisgesin werklik gelukkig?
5. Wat is die verskil tussen saam leef as gesinslede en
bloot net weekliks saamkom as 'n groep?
6. Noem praktiese voorbeelde hoe die onderlinge liefde
tussen ons as die huisgesin van die Here sigbaar kan word.
7. As gelowiges moet ons as die huisgesin van God,
ons Vader, met mekaar in liefde saam lewe. Hierdie verhoudings is
onmoontlik in 'n groot gemeente, maar moet in 'n klein gemeentetjie soos
hierdie 'n werklikheid word.
Ons antwoord: Bid hardop saam: "Dankie dat U ons hemelse Pa is en ons regtig mekaar se broers en susters"
LIEFDESBEDIENING: (20")
Uitreik: bid vir die gelowiges in Rusland.
Sorg na buite: bid vir al die christelike gemeentes
in ons omgewing.
Onderlinge sorg: is daar spesifieke behoeftes vir
gebed of hulp in ons groep?
Gaan kuier hierdie week vir een van jou nuwe gesinslede.
VOLGENDE BYEENKOMS:
Die geloofsgemeenskap as ons moeder - 2 Johannes 1 en 4.
DIE HUISGESIN VAN GOD (5)
GESINSVERKLARING: Almal lees die gesinsverklaring hardop saam en een van die groeplede dra die byeenkoms in gebed aan die Here op.
TERUGRAPPORT: (20")
Wat was jou ervaring toe jy die afgelope week by een van jou nuwe gesinslede
gaan kuier het?
LOFPRYSING EN AANBIDDING: (20")
Kom ons loof die Here met 'n paar liedere wat ons vir Hom sing; ons
wissel dit af met enkele kort gebede van aanbidding.
WOORD EN ANTWOORD: (40")
Tema: Die geloofsgemeenskap as ons moeder
Lees: 2 Johannes 1 en 4
1. In die Nuwe Testament word die geloofsgemeenskap dikwels
as 'n vrou voorgestel. So ook in hierdie gedeelte.
2. Laat die gedeelte twee maal hardop gelees word.
3. Gee geleentheid dat elkeen biddend dit in stilte weer
lees om te hoor wat die Here daardeur vir hom/haar sê.
4. Vertel wat die Here deur hierdie verse vir jou gesê
het.
5. Ma-wees impliseer twee belangrike aspekte van 'n gesin
- geboorte en versorging. Watter implikasies het dit vir ons as selgemeente
6. Onthou, God se doel met die geloofsgemeenskap is die
redding van mense deur wedergeboorte en geestelike versorging.
Ons antwoord: Sê harop saam: "As deel van die geestelike moeder is ek gewillig om medegelowiges te versorg en die evangelie uit te leef sodat ander ook gered kan word".
LIEFDESBEDIENING: (20")
Uitreik: bid vir gelowiges in Europa.
Sorg na buite: begin vir iemand bid waarvan jy weet
wat nog nie geloofsekerheid het nie.
Onderlinge sorg: deel met die groep 'n behoefte
waarvoor jy graag sal wil hê dat hulle vir jou moet bid.
VOLGENDE BYEENKOMS:
Evaluering en verbintenis.
DIE HUISGESIN VAN GOD (6)
GESINSVERKLARING
TERUGRAPPORT: (20")
LOFPRYSING EN AANBIDDING: (20")
WOORD EN ANTWOORD: (40")
Tema: Evaluering en verbintenis
Die afgelope paar geleenthede het ons stil gestaan by die dringende
noodsaaklikheid van die klein geloofgemeenskap vir groei in ons verhouding
met die Here en groei in ons verhouding met mekaar.
Die selgemeente se doel is om as 'n geestelike huisgesin
* geloofsgemeenskap vir gelowiges 'n werklikheid
te maak;
* die eerste vlak van kerklike betrokkenheid te wees;
* Christus se dienende liefde prakties sigbaar te
maak.
1. In watter opsigte het ons as groep die afgelope paar
weke gegroei wat ons liefde vir mekaar en openheid teenoor mekaar betref?
2. Wat het jy die meeste geniet van ons byeenkomste?
3. Waarvan het jy nie gehou tydens ons byeenkomste nie?
4. Is ons regtig ernstig om as groep die Here voluit te
gehoorsaam?
VERBINTENIS
Kom elkeen van ons verbind ons gedurende die komende week skriftelik
aan die groep deur op papier te sê
* wat jy van die groep verlang (bv aanmoediging;
ondersteuning; gebed; vermaning)
* wat die groep van jou kan verwag (bv getrouheid
by byeenkomste; onderlinge hulp; voorbidding; eerlikheid);
* in watter mate jy die groep vertrou.
LIEFDESBEDIENING: (20")
Uitreik: bid gedurende hierdie week vir die gelowiges
in Indië.
Sorg na buite: bid vir die beskermingsdienste -
veral kennisse.
Onderlinge sorg: elke gesin noem 'n behoefte waarvoor
die groep kan bid. Sit in groepe van drie en bid vir die genoemde
behoeftes.
VOLGENDE BYEENKOMS:
Nuwe gesprekstema.