Gesellig
 
18 Oktober 2001



Redaksie

Marius Potgieter



Kontakadresse:

Telefoon en faks: 
044-878 1321

Posadres:
Posbus 2736
George
6530

Selfoon:
082 576 5035



Gesellig op die web

Kontak ons



Ander kontakte:

NN G Gemeente Pierre van Ryneveld

 N G Gemeente Moreletapark

 Touch Ministries USA

 Dove Christian Fellowship

www.cell-church.org

geocities.com/joelcomiskey/

www.cellchurch.co.uk

www.cellchurch.co.za

(sal nog verder aangevul word met die loop van tyd)



 
 
 
 
 



Waarom sukkel selgemeentes so dikwels om te funksioneer?  Lees die eerste van 'n reeks artikels wat hierop ingaan,  "Sorg vir sukkelende selle"

Nuusbrief van Gemeentevreugde

Weeskinders

Die oorgrote meerderheid kerklidmate is in 'n sekere sin geestelike "weeskinders", mense sonder familie.  Hulle leef sonder nabye verhoudings met medegelowiges want hulle dink dat formele kerklike betrokkenheid voldoende is.  Al is God hulle Vader, ervaar hulle dikwels nie sy teewoordigheid nie omdat hulle nie binne die geestelike huisgesin lewe nie.  Hoeveel mis hulle nie!

Elke gelowige het 'n geestelike huisgesin nodig - en hulle word daarvan beroof as dit nie vir hulle gesê word nie!  Robert Banks sê:  " ...belonging to a home church is an indispensable part of Christian life.  In fact, we cannot conceive of living and growing as Christians without it.  To lose it would be to lose the most vital means of the Spirit's working in our lives".  (The Church comes Home)



Die Woord sê:
"... die huisgesin van God ... is die gemeente van die lewende God."
1 Timoteus 3: 15
In verband met ons nuusbrief:

Gesellig word aan persone wat ingeskryf het (asook moontlike belangstellendes) gestuur. Indien jy dit nie wil ontvang nie, stuur asb dadelik 'n boodskap deur onderstaande skakel te druk.

Kanselleer
  • "Gesellig" kom ongereeld uit maar ons hoop dat dit mettertyd maandeliks sal verskyn. 
  • Ons verwelkom enige nuusbrokkies en wetenswaardighede wat aan ons gestuur word.  Kan ons jou medewerking vra? 

NUUSBROKKIES
Nuwe ontwikkeling!

Twee reekse gesprekstemas is nou op die Internet beskikbaar!

Eerste reeks:

Afgesien van die gedrukte kopieë wat nog steeds teen R 2,50 elk beskikbaar is, kan die 16 gesprekstema's direk van die Internet webbladsy afgelaai en gedupliseer word.  Daar mag egter nie aan die inhoud verander word nie!

Tweede reeks:

Gesprekstema's oor die Skrifgedeeltes in die Leesrooster vir prediking (Buvton) word ook op die webblad beskikbaar gestel.  Die tema's vir die 4 de kwartaal 2001 is tans beskikbaar - dit dek tot die week wat op 3 Desember eindig.

Die adres is http://www.icon.co.za/~vreugde/gesprekstemas/temas.html

Kursusse:
Gedurende die volgende tyd word die volgende Ekklesia 21 kursusse aangebied:

 19 tot 21 Oktober  -  N G Kerk Sondagsrivier-Suid
   Kontakpersoon:  Ds Johan Enslin: (042)  234 0308; kerkkantoor (042) 234 0118
 25 tot 28 Oktober  -  N G Gemeente Gonubie
   Kontakpersoon:  Ds Jannie van Rensburg:  (043) 740 4039  of 083 628 9645.

Sendingreis:
Drie reisigers het die lang pad vanaf George na Botswana aangepak.   Marius Potgieter saam met Chris en Georgie Nortier het by drie gemeentes gaan kuier:  in die Noord-Kaap is 'n kursus by die gemeente Kathu aangebied en daarna is die pad gevat na Ghanzi in die noord-weste van Botswana.  Drie selgemeentes is besoek en 'n aantal opleidingsessies gehou.  Daarna is die gemeente in Lobatsi besoek vir 'n kits-opleiding.  Die liefde en gasvryheid wat hulle belewe het, was onvergeetlik!
 

Reisigers wat 4000 km afgelê het. Lede van 'n selgemeente van Ghanzi.  Hennie Basson (leraar) heel links en George en Chris regs.

Kursus in Constantiakruin:
In September is 'n geseënde kursus aan die Wesrand gehou.  Persone vanuit 'n paar gemeentes het die kursus Ekklesia 21 in die NG Gemeente Constantiakruin bygewoon.  Die reëlings was op die skouers van Basie en Johanna von Solms.

Bestellings:
Moet asb nie ongeduldig raak met die antwoordmasjien nie: stuur gerus 'n faks na die kantoor se nommer (044) 878 1321 of stuur 'n e-pos.  Dit kry regtig so gou as moontlik aandag!   Baie dankie vir begrip.



 
Marius Potgieter se verslag:

Baie dankie vir die reaksies in verband met gebedsondersteuning van my bediening.   Indien jy of julle selgemeente betrokke wil raak, kontak my by marius.pot@icon.co.za vir besonderhede.  By voorbaat baie dankie.


Toerusting
Gesprekstemas:
Gesprekstemas 1 tot 16 is nog steeds beskikbaar teen R2,50.   Vir meer inligting oor die gebruik van die gesprekstemas, gaan na die artikel "Gesprekstemas", druk dit uit en versprei dit in die selgemeente.

Artikels:
Vir diegene wat meer wil weet is daar die volgende te lees:
Sorg vir sukkelende selle 1
Die gevaar van institusionalisme
Tien wenke aan herders
Die rol van die predikant

Vorige uitgawes is te sien en ander artikels te lees by
http://www.icon.co.za/~vreugde/afrikaans/gesellig.html



Wil jy vir ons enige kommentaar stuur?
Kommentaar]