Gesellig
 
1 November 2000



Redaksie

Anton Louw

Marius Potgieter


Kontakadresse:

Telefoon en faks: 044-878 1321

Posadres:
Posbus 2736
George
6530

Selfoon:
082 576 5035


Gesellig op die web

Besoek ons
 


Ander kontakte:

 NG Gemeente Brackenfel-Proteahoogte

 N G Gemeente Magalieskruin

 N G Gemeente Moreletapark

 Touch Ministries USA

 Dove Christian Fellowship

 Inligting oor selle
 
 

(sal nog verder aangevul word met die loop van tyd)


 

Nuusbrief van Gemeentevreugde

'n Moontlike onmoontlikheid!

Dit is totaal onmoontlik vir die mens as skepsel om iets van die Skepper se heerlikheid in hierdie wêreld sigbaar te maak.  Tog is juis dít die roeping en taak van die nuwe menslike geslag wat in Christus herskep is. 

Die wêreld kan God slegs  leer ken uit sy openbaring. Hy openbaar Hom deur self mens te word in Jesus.  Hy openbaar Hom wanneer sy beeld in die nuutgemaakte mens herstel word en Jesus begin sigbaar word deurdat sy Gees die egte liefde te voorskyn laat kom.

Hy openbaar Hom deur die onvoorwaardelike, dienende liefde wat reddend uitreik na mense wat dit nie werd is nie - wanneer die liefdesgemeenskap, die ekklesia, Hom vertoon in dienskneggestalte!



Die Woord sê:
"Niemand het God nog ooit gesien nie, maar as ons mekaar liefhet, bly God is ons en het sy liefde in ons sy doel volkome bereik."
1 Johannes 4:12; vergelyk dit met Johannes 1: 18.

Lees en verspreiding van Gesellig

  • Stuur asb Gesellig met e-pos deur ("forward")  na ander persone wat mag belangstel.
  • Die ideaal is dat elke selgemeente hierdie nuusbrief sal kry en onder mekaar versprei. Moedig elke herderleier aan om so iets te organiseer. So word ons almal medewerkers! 
  • Die nuusbrief word gratis gestuur slegs aan persone wat daarop inteken.
  • Persone wat sukkel met die grafiese materiaal of  'n teksweergawe verlang, kan ons gerus kontak.
  • Onthou asb om die byvoeging ("attachment") oop te maak terwyl jy gekoppel is aan die Internet - dan sal die grafiese materiaal ook afgelaai word.

  • Vir mense wat wil inskryf op Gesellig, druk asb met die muis op onderstaande skakel:
Nuwe inskrywing

NUUSBROKKIES

Windhoek:  'n Baie geslaagde herderskliniek is gedurende Meimaand in Windhoek by die Ned Geref Gemeente Pionierspark gehou.  'n Groot deel van die kursusgangers het van Outjo en Opuwo gekom.  Na die baie reën was Namibia 'n lushof;  ons glo dat die geestelike groei wat tans plaasvind, sal getuig van die geestelike reën wat God aan die kerk in hierdie land stuur. 

Nelspruit:  'n Herderskliniek aan die begin van Junie in die Ned Geref Gemeente Nelspruit-Westergloed is bygewoon deur 39 herderleiers en selgemeentelede uit hierdie gemeente en die Ned Geref Gemeente Barberton. 

Potchefstroom:  Ook hier is 'n besonder geseënde herderskliniek gehou met leiers uit 16 verskillende gemeentes van verskillende denominasies!  Ons het iets ervarr van die eenheid van Jesus se ekklesia-kerk!  Twee motors met kursusgangers het selfs van Durban af gekom vir hierdie geleentheid.

Paarl:   in Augustus het die Kaap aan die beurt gekom met 'n herderskliniek in die Paarl wat deur die Ned Geref Kerk Paarlberg gereël is.  Daar was 51 kursusgangers.  Hier was leiers uit elf gemeentes saamgetrek in die mooi PKS-sentrum

George:   in Augustus is die laaste leraarskliniek aangebied.  Lees gerus die stukkie oor toekomstige beplanning hieronder.   Die jaarlikse herderskliniek vir die Suid-Kaap is in September aangebied en die 21 kursusgangers was van 3 gemeentes afkomstig.


BEPLANNING VIR 2001

Gemeentevreugde as werkgroep het 'n paar belangrike besluite oor die toekomstige funksionering gemaak:

1.  Die leraarskliniek is in Augustus 2000 vir die laaste keer aangebied.  Die rede is dat die aanvraag baie verminder het en dat die koste en tyd wat daaraan bestee word, te veel word.
In die plek daarvan kom 'n gerekenariseerde kursus met die naam "Ekklesia as verbondskerk".  Ons hoop om dit vroeg in die nuwe jaar gereed te hê.
Indien gemeentes geakkrediteer wil word vir die gebruik van Gemeentevreugde se materiaal, word van die leraars verwag om "Ekklesia 21" by te woon en "Ekklesia as verbondskerk" te deurloop.

2.  Die herderskliniek word verander om vir enige persoon toeganklik te wees.  Die naam verander ook na "Ekklesia 21 - kerkwees in die nuwe eeu".  Daar is meer inligting op die Webbladsy www.icon.co.za/~vreugde onder "Kursusse".

3.  'n Sterk fonds moet opgebou word om die kursus "Ekklesia 21" te subsidieer sodat dit selfs sonder enige koste vir 'n gemeente aangebied kan word.  Die materiaal moet nog aangekoop word (R35 per kursusganger) maar die aanbiedingskoste asook reiskoste sal mettertyd deur hierdie fonds gedra word.  Om die behoefte onder selgemeentes en gelowiges bekend te maak, is "Projek Aäron en Hur" geloods.


Toerusting 
Vir diegene wat meer wil weet, is daar die volgende te lees:

Projek Aäron en Hur
Wat is die Selgemeente- of Gemeentevreugde-model?
What is the Cell Community Model?
Waarom word die naam "Selgemeente" gebruik?



Wil jy vir ons kommentaar op hierdie uitgawe stuur?

Kommentaar