Redaksie
Marius
Potgieter
Kontakadresse:
Telefoon
en faks: 044-878 1321
Posadres:
Posbus
2736
George
6530
Selfoon:
082
576 5035
Gesellig
op die web
Kontak
ons
Ander
kontakte:
NN
G Gemeente Pierre van Ryneveld
NG
Gemeente Brackenfel-Proteahoogte
N
G Gemeente Magalieskruin
N
G Gemeente Moreletapark
Touch
Ministries USA
Dove
Christian Fellowship
Inligting
oor selle
(sal
nog verder aangevul word met die loop van tyd)
'n
Dringende vraag wat dikwels gevra word, is: "Daar
is nie mense wat gewillig is om herderleiers te wees nie; waar en hoe kry
ons meer leiers?"
Lees
hieroor by
"Vraag
en Antwoord" druk dit uit en sirkuleer dit in julle selgemeente.
Wat
is een van die belangrikste redes waarom 'n selgemeente die regtig werk
nie?
Gaan
kyk na "Een
rede ..." Lees dit, druk dit uit en sirkuleer dit in julle selgemeente.
|
|
Nuusbrief van Gemeentevreugde
|
Die nuwe Wyn
Die "nuwe wyn" wat moeilik
in die ou leersakke gestoor kan word, is nie die veranderde smaak van die
moderne mens nie maar die nuwe werk van die Heilige Gees. Die Here
wil hê dat die evangelie vars en relevant vir die moderne mens sal
wees. Ons moet werk en bid vir 'n Gees-gewerkte reformasie en nie
vir akkomodering van allerlei smake nie.
Die Woord sê:
"... wie reg doen, floreer
soos groen blare aan 'n boom. ... Wie die wil van die Here
doen, is 'n bron van lewe; die mens wat wysheid het, red lewens."
Spreuke 11: 28, 30
In verband met ons nuusbrief:
Gesellig
word aan persone wat ingeskryf het asook moontlike belangstellendes gestuur.
Indien
jy dit nie wil ontvang nie, stuur asb dadelik 'n boodskap deur onderstaande
skakel te druk.
Kanselleer
-
"Gesellig" kom ongereeld uit
maar ons hoop dat dit mettertyd maandeliks sal verskyn.
-
Onthou asb om die byvoeging
("attachment") oop te maak terwyl jy gekoppel is aan die internet - dan
sal die grafiese materiaal ook afgelaai word.
-
Persone wat sukkel met die grafiese
materiaal of 'n teksweergawe verlang, kan ons gerus kontak.
Ons verwelkom enige nuusbrokkies
en wetenswaardighede wat aan ons gestuur word. Kan ons jou medewerking
vra? Baie dankie by voorbaat.
NUUSBROKKIES
Kursusse:
Gedurende die volgende twee
maande word die volgende Ekklesia 21 kursus aangebied:
27 tot 29 Julie
- Stellenbosch-Wes
Kontakpersoon: Pieter
J van Rensburg: 021- 883 3147 (huis); 021- 808 3848
(werk).
Alexandria:
die
kursus Ekklesia 21 is in April vir mense uit 4 gemeentes in die Oos-Kaap
aangebied.
|
Gesprekstemas:
Twee
nuwe gesprekstemas is gereed:
-
nommer
15: "Geestelike Oorlog" en
-
nommer
16: "Totale Verlossing".
-
Albei
het riglyne vir 6 byeenkomste.
-
Soos die
ander gesprekstemas kos dit R2,50 elk.
|
Kursusse met die oog op
verandering
Die groot klem wat Gemeentevreugde
lê is die verandering van die kerk na 'n verhoudingskerk (verbondskerk).
Die Sentrale Sewe
is
'n nuwe kursus wat selgemeentes wat reeds gevestig is, help deur hulle
weer opnuut te motiveer. Daar word op die kern-elemente gefokus.
Dit gaan oor die sewe belangrike denkskuiwe wat moet plaasvind in mense
se siening oor kerkwees. Die mees algemene foute in selgemeentes
/selle /omgeegroepe word ook aangedui.
Lees
meer oor ons kursusse op die webbladsy http://www.icon.co.za/~vreugde/afrikaans/kursus.html
Lees oor ons poging om 'n
fonds op te bou vir die subsidiëring van alle kursusse by Projek
Aäron en Hur
|
Marius Potgieter se versoek:
Is jy self gewillig of weet
jy van mense wat gewillig sal wees om as intersessors my persoonlike bediening
aan die Here op te dra? Tans is ek voltyds met die werk van Gemeentevreugde
asook die aanbieding van kususse besig. Die afgelope tyd het ek bewus
geword van 'n verskerpte aanslag van die bose; dit is net die beskerming
deur die oorwinnaarsbloed van Christus waarop ons kan reken om staande
te bly. Die stryd word in gebed gestry.
Indien jy betrokke wil raak,
kontak my by marius.pot@icon.co.za
vir besonderhede. By voorbaat baie dankie. |
Toerusting
Vir diegene wat meer wil weet
is daar die volgende te lees:
Hoe
kry ons meer selleiers?
Een
rede waarom selgemeentes nie werk nie
Die
rol van die predikant
Vorige uitgawes is te sien
en ander artikels te lees by
http://www.icon.co.za/~vreugde/afrikaans/gesellig.html
Wil jy vir ons enige kommentaar
stuur?
Kommentaar]
|