|
||
Redaksie
Kontakadresse: Telefoon en faks: 044-878 1321 Posadres:
Selfoon:
Ander kontakte:
NG Gemeente Brackenfel-Proteahoogte (sal nog verder aangevul word met die loop van tyd)
|
'n Klein Begin! Enkele persone kon nie die foto's ontsluit nie. Die rede is dat hulle nie die fotos afgelaai het van die diensreke- naar nie. Die bylae moet oopgemaak word terwyl die rekenaar nog by die diensrekenaar ingeskakel is - dan word die fotos afgelaai. Hiermee word jy amptelik uitgenooi om medewerker van Gesellig te word. Stuur asb gereeld enige bydrae na die redaksie.
Die Woord sê:
Lyttelton: Die derde jaarlikse herderskliniek vir
die gemeentes aan die suidekant van Pretoria is aan die einde van Februarie
by Lyttelton-Oos aangebied. Daar was sewentig herderleiers, hulpherders
en omsieners wat die kliniek bygewoon het. Met die aanbieding is Marius
Potgieter bygestaan deur Freddie Schoeman, leraar van die gemeente.
Hertzogville: in hierdie rustige Vrystaatse dorp is daar ook 'n belangstelling in die Gemeentevreugde-model. Gedurende Februarie is daar 'n visiekursus vir belangstellendes aangebied wat goed bygewoon is, ook deur verteenwoordigers uit ander gemeentes.
Selgemeente hou 'n stapnaweek: Een van die ongeveer 20 selgemeentes in Eldoraigne maak 'n naweek in die berge deel van hulle jaarlikse beplanning. Indien die kuiertjie twee keer per jaar ingepas kan word, nog beter! Soos in so baie selgemeentes het hierdie sel ook deur heelwat konflik gegaan. Een ding wat almal oor saamstem is dat ons aan die Meester vasgehou het, sy leiding gevra het en deurgaan sy seën ervaar het. Die geheim by ons selgemeente is ruimte vir mekaar en die Here Jesus deur die Heilige Gees as ons Leidsman. Op die horison verskyn die onafwendbare vermenigvul- diging maar ons verloor een gesin wat na Engeland vertrek. Dit vertraag die proses. Ons is egter baie versigtig om nie 'n "broeigroep" te word nie want daar buite is nog baie "boeties en sussies" wat kan bykom. Dit kan net plaasvind as ons vermenigvuldig. Met die paar wonderlike jare agter die rug het ons geleer:
Kleingroepe is effektief en onontbeerlik vir kerkwees in ons tyd. Dank die Here om deel daarvan te wees.
Vir diegene wat meer wil weet is daar die volgende nuwe artikel te lees: Bybelse riglyne vir die geloofsgemeenskap Die volgende artikels word ook nog aanbeveel: Wat is die Selgemeente- of Gemeentevreugde-model? What is the Cell Community Model? Waarom word die naam "Selgemeente" gebruik?
Hierdie uitgawe word aan moontlike belangstellendes gestuur maar in die toekoms sal dit slegs na ingeskrewe lesers gaan. Wil jy vir ons kommentaar op hierdie uitgawe stuur? |
|