|
||
Redaksie
Kontakadresse: Telefoon en faks: 044-878 1321 Posadres:
Selfoon:
Gesellig op die web Ander kontakte: NG Gemeente Brackenfel-Proteahoogte (sal nog verder aangevul word met die loop van tyd)
|
Christus lewe! Dit maak die vebintenis aan die geloofsgemeenskap so wesenlik
belangrik vir elkeen van ons. Jesus se opstanding laat ons ook opstaan
- nie alleen tot 'n nuwe lewe nie maar ook tot 'n nuwe gemeenskap met Hom
en met mekaar. Die een Gees bind ons ook tot 'n eenheid saam.
Die Woord sê: "Breek hierdie tempel af en in drie dae sal ek hom oprig... Met 'hierdie tempel' het Hy sy liggaam bedoel." Lees en verspreiding van Gesellig
Pretoria: Konsultasiewerk by Eldoraigne gemeente, 'n herderskliniek en 'n omsienerseminaar by Lyttleton-Oos het 'n groot aantal leiers in Pretoria se visie versterk. Daar was ongeveer 70 persone by die herderskliniek gewees. Dit was wonderlik om te sien dat daar ongeveer 20 persone by die omsienerskursus van verskeie gemeentes in die Suide en Ooste kant van Pretoria was. Pretoria: In die gemeente Rietfontein-Noord is daar reeds 28 omgee-selle wat in vyf omsienerskringe funksioneer. Derick du Toit glo vas dat dit die Here se antwoord is vir hierdie spesifieke tyd van die bestaan van die kerk. Alexandria: op hierdie mooi Oos-Kaapse
dorpie is 'n baie suksesvolle herderskliniek deur Robert Knobel en Marius
Potgieter aangebied. Daar was 42 persone uit 7 gemeentes wat die
kliniek bygewoon het. Die selgemeentes van Alexandria het die besoekers
mer oop harte en huise ontvang. Daar word reeds 'n kliniek
vir volgende jaar dieselfde tyd beplan.
Rustenburg-Bergsig: Gedurende1998 was daar vyf selgemeentes toe 'n herderskliniek aangebied is. "Deur die genade van die Here kan ons nou sê dat ons 22 selgemeentes is". So gesels Attie Nel, 'n tentmaker - leraar wat verantwoordelik is vir die selgemeente - bediening in die gemeente. Hierdie skoling was 'n wonderlike stimulus in die selbediening op presies die regte oomblik. "Ek sou met groot vrymoedigheid elke gemeente aanmoedig om die herderskliniek in die gemeente aan te bied. Die geleentheid was 'n wonderlike meningsvorming en motiveerder vir dit waarmee ons besig is. Ons het ook van tyd tot tyd probleme ondervind waarvoor
daar nie 'n kitsantwoord was nie en waarvoor ons na gelang van omstandighede
kreatief moes wees en beplan."
Lees gerus die volgende artikels: Watter elemente veroorsaak stagnasie in 'n selgemeente? Is daar nie 'n fout in Gesprekstema 14 nie? Die volgende artikels kan ook nog gelees word:
Hierdie uitgawe sal nog aan moontlike belangstellendes gestuur word maar in die toekoms sal dit slegs na ingeskrewe lesers gaan. Wil jy vir ons kommentaar of wenke op hierdie uitgawe stuur? |
|