|
||
Redaksie
Kontakadresse: Telefoon en faks: 044-878 1321 Posadres:
Selfoon:
Ander kontakte: NG Gemeente Brackenfel-Proteahoogte (sal nog verder aangevul word met die loop van tyd)
|
'n Deurbraak! Hiermee word jy ook amptelik uitgenooi om medewerker van Gesellig te word. Stuur asb gereeld enige bydrae na die redaksie.
Die Woord sê:
Potchefstroom: Marius Potgieter het aan die einde van Januarie in die Elgro Gemeente 'n herderskliniek vir 90 kursusgangers aangebied. Hierdie gemeente werk volledig op die selgemeente model en al die lidmate word binne die afsienbare toekoms by selgemeentes ingeskakel.
Grense onbeperk: 'n Duitse dame is deel van Gollie en Leona van der Watt se selgemeente in George. Tydens een van die weeklikse byeenkomste bring sy 'n toeris uit Duitsland saam. Die dame, Brigitte, het nie 'n Bybel nie en is ook nie 'n gelowige nie. Daardie aand het die onderlinge liefde en belangstelling in haar 'n onuitwisbare indruk op haar lewe gemaak. Terug in Duitsland het die kinders van die selgemeente vir haar briefies gestuur en haar gebel met haar verjaarsdag. Sy het 'n Duitse Bybel gekoop en begin om na 'n plaaslike gemeente te gaan. Intussen het sy weer twee keer hier kom kuier en elke keer het die hele sel 'n ete aangebied vir haar en haar man. So word alle taal, kultuur en landsgrense oorgesteek om die liefde van God uit te leef "with no strings attached!" Hier onder is 'n foto van Brigitte en haar man Wolfgang en lede van die selgemeente.
Visie van God: Aan die einde van 1998 het Willie en Irene Louw se selgemeente in George baie bewus geword van die geweldige nood wat daar veral onder die jongmense van die agtergeblewe gemeenskap in Thembalethu is. Die Here het vir hulle 'n visie op die hart gelê om in die loop van 1999 'n bedrag van R100000 in te samel en dit te belê sodat daar 'n jeugwerker aangestel kan word van die rente op die belegging. Toe hulle dit met die res van die gemeente deel, het daar nog twee selle na vore gekom en die visie met hulle gedeel. 'n Aktiewe bemarking is in die hele gemeenskap van George geloods. Verskeie etes, gholfdae, wit olifantverkopings, snoekbraaie en ander oorspronklike geldinsamelings-projekte is deur die loop van die jaar geloods. Teen Desember 1999 het die balans van die fonds op ongeveer R92 000 gestaan. 'n Spesiale Kersinsameling is van stapel gestuur. Die fonds het weer gestyg en op 31 Des 1999 het hulle reeds R 120 000 ingesamel. En dit net omdat die Here 'n visie vir hulle gegee het. Aan God alleen al die eer vir hierdie projek!
Toerusting Wat is die Selgemeente- of Gemeentevreugde-model? What is the Cell Community Model? Waarom word die naam "Selgemeente" gebruik?
Hierdie uitgawe word aan moontlike belangstellendes gestuur maar in die toekoms sal dit slegs na ingeskrewe lesers gaan. Wil jy vir ons kommentaar op hierdie uitgawe stuur? |
|