Maak kennis met
Gemeentevreugde Konsultante



 
Gemeentevreugde Konsultante is 'n professionele liggaam op die kerklike terrein en vorm 'n geslote werkgemeenskap. Daar is geen koste en geen finansiële voordeel verbonde aan lidmaatskap van die werkgroep nie.
 
DOEL:

Die doelstellings van Gemeentevreugde is:

  • SPESIALISASIE: om gespesialiseerde kennis in verband met kerklike vernuwing en die oorskakeling na 'n verhoudingskerk te versamel en dit aan persone en instansies beskikbaar te stel.   Dit sluit inligting oor een van die voertuie van die verhoudingskerk nl. selgemeentes (selle, omgeegroepe, koinoniagroepe) in.
     
  • MATERIAAL: om materiaal te voorsien vir gebruik deur gemeentes en leiers  van 'n aantal kerklike denominasies dwarsoor Suid-Afrika (klik op "Materiaal" hieronder vir verdere inligting)

  • Hierdie materiaal sluit in:

    * Handboeke wat gebruik kan word deur leraars, kerkraadslede, herderleiers van selgemeentes (selle) asook ander belangstellendes 

* Bundeltjies met gesprekstemas vir gebruik tydens byeenkomste van geloofsfamilies (selgemeentes, selle)
* Opleidingsmateriaal vir selgemeente-leiers
* Toerustingsmateriaal vir lede van selgemeentes
* 'n Handige lêer vir gebruiksmateriaal
* Toepaslike vorms vir administrasie van selgemeentes
  • OPLEIDING: om opleiding aan belangstellende predikante en ander gemeentelike leiers te verskaf. Die opleiding handel oor oa.
     * die oorgang van 'n meer formele organisatoriese kerk na 'n verhoudingskerk

    * die vorming van selgemeentes (selle) in bestaande gemeentes/kerke

    * die optimale funksionering van die selgemeente-struktuur

* die oorgang van 'n gemeente na 'n nuwe struktuur gebaseer op verhoudingskringe
  • KONSULTASIE: om konsultasie te verskaf aan gemeentes wat begin het om oor te skakel na 'n verhoudingskerk . Die konsultasie geskied
* op persoonlike vlak met die leraars
* in groepsverband met die kerkraadslede of ander gemeentelike leiers
* in groepsverband waar die leiers van 'n bepaalde streek byeenkom.
Hierdie werkgroep het in Mei 1994 ontstaan. Daar was die behoefte om die selgemeente-model verder te ontwikkel sowel as om materiaal vir gebruik deur die selgemeentes daar te stel. Vanaf 1998 word daar baie klem gelê op kerklike reformasie, op die terugkeer na 'n verhoudingskerk of verbondskerk.   Die werkgroep kom gereeld bymekaar om te besin, te beplan en te evalueer.

Die werkgroep bestaan uit agt persone waarvan 6 tans as predikante in die Ned Geref Kerk dien. Almal is beskikbaar om genader te word vir inligting en advies rakende die funksionering van selgemeentes. Hier volg die name en telefoonnommers:
Willem Badenhorst............ 082 853 2810
Charl du Plessis................ 083 286 3291
Robert Knobel................... 083 584 1304 
Anton Louw....................... 083 286 3292
Marius Potgieter................ 082 576 5035
Hannes Pretorius..............  083 286 3293
Thys Pretorius .................. 082 899 5471
Gideon Volschenk............. 082 402 9227


[Terug na tuisblad]  [Kortliks]      [Gesellig]    [Kursusse]     [Vraag en Antwoord]

[Materiaal]