Kursusse aangebied deur
Gemeentevreugde



 

"Ekklesia 21"
Kerkwees in die nuwe eeu

Hierdie is 'n rekenaar-gesteunde kursus wat baie sterk op die praktyk van die gemeentelike lewe fokus.   Veral die wese en rol van die selgemeente as 'n geestelike huisgesin kry baie aandag.

DOEL VAN DIE KURSUS:
*   om die Bybelse beginsels van die verhoudingskerk bekend te stel;
*  die visie van alle selgemeente-leiers te versterk;
*  selgemeentes te help ontwikkel in die korrrekte rigting voordat verkeerde aksente dalk skade aanrig;
*  aanvullend te wees by die in-diens-opleiding wat herder-leiers ontvang het;
*  predikante en ander leiers se visie in sake die verhoudingskerk te versterk.

KURSUS-ELEMENTE:
Hierdie kursus hanteer 
*  die belangrikste teologiese aspekte van verbondskerk (die kontras tussen ‘n kerk wat op verhoudings gebou is aan die een kant en ‘n formalistiese organisasie aan die ander kant); 
*  die belangrikste aspekte van praktiese lewensgemeenskap van gelowiges in die selgemeente-struktuur;
*  die vestiging en ontwikkeling van die Gemeentevreugde-model in ‘n bestaande gemeente;
*  die Bybelse leierskapsmodel met besondere toespitsing op die plek en taak van die pastorale leiers;
*  geleentheid vir hantering van probleme vanuit die praktiese ervaring.

[terug boontoe]

BESONDERHEDE:

Duur van kursus:
‘n Effektiewe periode van 18 uur is nodig vir die kursus; dit sluit die verversingstye uit.

Aanbevole program:
Donderdagaand (2'30"),  Vrydagaand (2'30"),  volle Saterdag (8') en gedeelte van Sondag (5'); 
of
Vrydagaand (3'), volle Saterdag (8'), en volle Sondag (7'); 
of
Vrydagmiddag  en -aand (5'), volle Saterdag (8') en gedeelte van Sondag (5').

Plek van kursusaanbieding:
Normaalweg vra 'n gemeente dat die kursus aangebied word.  Dan word al die omliggende gemeentes wat reeds met selgemeentes / selle / omgeegroepe werk, ook genooi om betrokke te raak.  Ter wille van die koste is dit belangrik dat daar genoeg inskrywings sal wees.  Hoofsentra van die land waar daar 'n redelike konsentrasie van gemeentes is wat reeds met hierdie model werk, kry voorkeur. 

Kursusfooi
Gemeentevreugde as werkgroep is gelei om die Here te vertrou vir 'n stewige kapitaalfonds.  Mettertyd gaan dit gebruik word om die aanbiedingskoste en reiskoste van hierdie kursusse grootliks te subsidieer sodat gemeentes wat nie vermoënd is nie, dit selfs gratis kan aanbied. 
Tot tyd en wyl dit gebeur, vra ons gemeentes en gelowiges om die kursusse finansieel te ondersteun wat reiskoste en aanbiedingskoste betref.  Afgesien van die kursusboekies (R 35) word daar geen bedrag gevra nie - dit word aan die organiseerders oorgelaat om biddend daaroor te besluit.
In die verlede is die koste per persoon vir 'n kursus uit die volgende saamgestel:
    * kursusmateriaal  (R35,00)
    * aanbiedingskoste  (R50,00)
    * reiskoste   (wissel)
    * lokaal en ander fasiliteite (dikwels gratis)
    * etes en verversings (wissel)
Die kursusmateriaal word nog steeds teen R35,00 verkoop. 

 [terug boontoe]

"Visiekursus"
Doel:
Hierdie is 'n kort oorsigtelike kursus waarin die Gemeentevreugde- model verduidelik word.  Dit is veral geskik om gemeentelede wat belang stel in te lig oor die basis en funksionering van die selgemeente.  Daar word egter nie veel aandag aan die oorgangsproses asook die totale gemeentelike struktuur gewy nie.

Inhoud:
Ses afdelings waarvan die eerste vyf noodsaaklik is.

Duur van kursus:
Die kursus duur tussen 6 en 7 ure.

Koste van kursus:
Soos die ander kursusse word die koste deur die gemeente wat dit aanbied vasgestel.  Die koste van die handleiding en administrasie wat aan Gemeentevreugde gaan, is R15.

Hierdie kursus kan ook deur die leraars of ander toegeruste leiers aangebied word. 
 


 
"Die Sentrale Sewe"
'n Nuwe kursus om 'n spesifieke behoefte te vervul!

Doel:
Hierdie kursus is bedoel om selgemeentes wat reeds geruime tyd aan die gang is, opnuut te versterk wat visie betref.

Inhoud:
Die kursus maak gebruik van die sewe kernwaarhede as basis.  Daar word gekyk na
1)   die sewe sentrale waarhede rondom die verhoudingskerk
2)   die sewe denkskuiwe wat by mense moet plaasvind om so 'n kerk te kan wees
3)   die belangrikste foute wat selgemeentes/selle/omgeegroepe maak
4)   manier om hierdie foute reg te stel

Duur van kursus:
Die kursus is aanpasbaar maar het 'n minimum van 8 uur nodig;  die ideaal is 'n naweek van ongeveer 12 uur.

Koste van kursus:
Soos die ander kursusse word die koste deur die gemeente wat dit aanbied, vasgestel.  Die koste van die handleiding en administrasie wat aan Gemeentevreugde gaan, is R35.
 

"Ekklesia as Verbondskerk"
Hierdie kursus was vir 6 jaar in George aangebied vir ongeveer 2000 leraars en ander gemeentelike leiers onder die titel "Leraarskliniek".   Hierdie kursus behels die teologiese fundering van die verbondskerk of verhoudingskerk in teenstelling met die institusionalistiese struktuur wat dikwels as die normale aanvaar word.

Daar word heelwat aandag aan die verskillende fasette van die selgemeente asook die breër verhoudingskringe gegee.

Ongelukkig word die kursus nie tans aangebied nie en word daar gewerk aan 'n nuwe toerusdtingspakket wat dit sal vervang.

 [terug boontoe]

Akkreditasie
Ten einde te verseker dat die beginsels reg verstaan en die model reg toegepas word, word Gemeentevreugde se materiaal slegs aan gemeentes met ge-akkrediteerde leraars en ander leiers verskaf. 
Sodanige akkreditering geskied na voltooiing van 'n "Ekklesia 21"-kursus asook 'n aanvullende gesprekke waartydens die teologiese grondslae van die Gemeentevreugde-model verduidelik word.
"Omsienerskursus en -konferensie"
Hierdie kursus-konferensie word aangebied vir omsieners wat reeds die "Ekklesia 21" kursus bygewoon het.  Dit is 'n kursus met 'n oop agenda en sluit by die spesifieke behoeftes van die omsieners wat teenwoordig is, aan. 

 

[Terug na tuisblad]

[E-pos]

[Kortliks][Gesellig]    [Vraag en Antwoord]     [Materiaal]