Die Gemeentevreugde- of Selgemeente-model
|
VERHOUDINGS OP VERSKILLENDE VLAKKE Kerkwees begin daar waar gelowings in liefde met mekaar saam leef en soos 'n uitgebreide gesin (extended family) funksioneer. Daarnaas vind dit in al-groter-wordende kringe gestalte in die groter gemeente en die kerkverband |
|
DIE KERK
|
Die manier waarop die doel bereik word
Dit is noodsaaklik dat die onderlinge liefdesgemeenskap van gelowiges in die kleingroep beoefen en ervaar word. In die praktyk beteken dit
uit dankbaarheid moet daaglikse gehoorsaamheid aan God ‘n lewenswyse word; tydens die byeenkomste word die teenwoordigheid van Christus in geloof ervaar en word Hy as Koning in sang en gebed aanbid en geprys;
gemeenskap van die gelowiges is lewensgemeenskap - mense is betrokke in mekaar se lewens; dit beteken om soos familie te leef, om vriende te wees; mekaar aan te moedig en op te bou; vir mekaar te bid en mekaar te ondersteun. Die byeenkomste is hulpmiddele om hierdie groep tot 'n familie saam te bind;
die liefde van Jesus word doelbewus en onvoorwaardelik na almal wat ons pad kruis, uitgedra; mense word na Christus gelei en word ingeskakel by die liefdesgemeenskap; hulle word gehelp en begelei om ook as dissipels van Christus te lewe.
- die groep word biddend in afhanklikheid van die leiding van die Gees, saamgestel;
- gesinne of enkelinge word bygevoeg as ‘n antwoord op gebed;
- elke persoon staan in ‘n bediening met die gawes wat die Gees gegee het;
- elkeen wat leiding neem op ‘n bepaalde terrein, word deur die Here self daarvoor aangewys.
- daar word doelbewus liefdesbande gebou tussen die persone wat inskakel;
- onderlinge ondersteuning en praktiese hulp word op allerlei maniere gegee;
- die liefdesbande word versterk deur gereelde byeenkomste wat die groep self reël. Die normale byeenkomste is 'n weeklikse gesinsbyeenkoms, ‘n gebedsbyeenkoms vir die wat kan inskakel sowel as sosiale byeenkomste (soos saam eet of 'n naweekkamp).
- die gelowiges is nie slegs deel van ‘n geestelike huisgesin nie maar ook van ‘n groter familie en ‘n geestelike volk;
- die uiteindelike mikpunt is dat elke gelowige in die gemeente sal besef dat hy/sy deel behoort te vorm van ‘n liefdesgemeenskap waarin lewensge-meenskap beoefen word;
- in elke gemeente behoort deur die twee-stroombeleid voorsiening gemaak te word vir gelowiges wat inskakel by die selgemeente-struktuur sowel as dié wat nog nie inskakel nie.
- 'n Lewe van liefdevolle diens aan die Here Jesus Christus; totale beskikbaarheid aan Hom vir 24 uur elke dag.
- 'n Verbintenis van toewyding aan die geestelike huisgesin: dit beteken 'n skriftelike verbintenis aan die groep wat uitgeleef word deur meelewing en onderwerping aan die groep;
- Om jouself te gee deur
Wat ‘n selgemeente nie is nie
‘n Kliek: ‘n afgeslote groepie wat nie ander by hulle wil inskakel en God se visie verstaan nie. ‘n Homogene groep: ‘n groepie eenders-denkendes en/of ‘n belangegroep wat mekaar as groep uitgekies het en op hulle eie behoeftes ingestel is. ‘n Omgeegroep: 'n groep wat maklik na binne lewe en slegs vir mekaar omgee. ‘n Terapeutiese groep: 'n groep waar daar hoofsaaklik op probleme konsentreer word . ‘n Studie- of kennisgroep: waar die klem op Bybel- en geloofskennis val - dit laat ‘n jong christen ontuis voel omdat hy/sy nie so baie weet nie. ‘n Huiskerk: ‘n outonome groep wat sonder die res van die liggaam van Christus wil funksioneer. ‘n Gewone kleingroep: ‘n hulpmiddel vir die gemeentebediening waar die klem op byeenkomste (in plaas van lewensgemeenskap soos 'n familie) lê.
[Terug na tuisblad] [Gesellig] [Kursusse] [Vraag en Antwoord] [Materiaal]