SELGEMEENTE EVALUERING

2 Korintiërs 13:5 "...ondersoek julleself of julle in die geloof lewe..."

'n Selgemeente of selgemeenskap is 'n geestelike huisgesin wat normaalweg uit 'n paar kerngesinne en enkelinge bestaan.  Dit word ook "sel", "omgeegroep", "koinoniagroep", ens. genoem.   Lees gerus die ander literatuur voordat jy met so 'n groep begin - daar word dikwels dieselfde basiese foute gemaak en dit kan voorkom word deur te leer by ander se ervaring.

Hier volg 'n klompie stellings in verband met die funksionering van die selgemeente. Gee jou eerlike mening oor die mate waarin julle as selgemeente of jyself hieraan voldoen. Vul in die blokkie daarnaas 'n punt uit tien in.
 

Punte
uit 10
1.

 

Ons as selgemeente bid voortdurend vir uitbreiding (want dit is die Here wat mense oor ons pad bring en hulle toevoeg tot hierdie geestelike huisgesin). ........
2. Die selgemeentelede help mekaar om al meer gehoorsaam aan die Here te lewe.
........
3. In die geloofsgesin vertrou ons mekaar.
........
4. Die liefdesbande tussen ons maak dat ons gedurende die hele week na mekaar toe uitreik.
........
5.
 
 
 
 
 
 

 

Ons verbintenis teenoor mekaar maak dat ons die volgende sake nie afskeep nie:
  • getroue bywoning van byeenkomste
  • uitvoering van die Here se opdragte aan ons
  • getroue voorbidding vir mekaar

 

........

........

........

6.

 

Die selgemeente is 'n bousteen van die groter gemeente en daarom is ek/ons intens betrokke by die funksionering en gesonde groei van die gemeente. ........
7. Die selgemeente help my om die gawe(s) wat die Heilige Gees vir my gegee het, te ontdek en te gebruik.
........
8.

 

As deel van die liggaam van Christus is ek besig om met onselfsugtige liefde uit te reik na mense wat nog buite die geloofsgemeenskap staan. ........
9.
 

 

Die lofprysing en aanbidding help ons om op God te fokus en van sy teenwoordigheid bewus te word. By die byeenkomste sing ons nie maar bloot 'n klompie liedere nie - ons vertel Vader dat ons Hom waardeer.
........
10.
 

 

By die weeklikse byeenkomste doen ons nie Bybelstudie nie; ons help mekaar om te hoor wat die Here deur die Skrif en die Heilige Gees vir ons sê en om dit uit te leef.
........
11.

 

Tydens besprekings kry elkeen genoeg geleentheid om sy/haar gevoel uit te spreek en die groep gee aandag daaraan. ........
12.

 

Die liefdesbediening (waardeur ons op die wêreld en mekaar se behoeftes fokus) vorm 'n wesenlike deel van die byeenkoms en ontvang genoeg aandag en tyd. ........
13.

 

Ons keer dat ander aktiwiteite in ons persoonlike lewens veroorsaak dat ons ons verhouding met die Here en met medegelowiges verwaarloos. ........
14. Die leiers in ons groep leef al meer as diensknegte (soos Jesus) en beskou hulleself nie bo die ander nie.
........
15. Die kinders is volwaardige lede van die selgemeente en hulle het 'n positiewe ervaring van kerkwees.
........

 
Algemene aanwysings:
  • Hierdie evaluering is 'n hulpmiddel vir selgemeentes om hulself te toets in watter mate die wesenlike eienskappe van die selgemeente gestalte kry.
  • Gemeentevreugde beveel aan dat hierdie evaluering minstens een maal per jaar gedoen word.
  • Dit kan soos volg gebruik word tydens 'n byeenkoms:  elkeen voltooi 'n vorm.  Neem die vorms in en versprei dit so dat niemand sy/haar eie een het nie.  Die toegekende punte word met mekaar vergelyk, 'n gemiddelde word bepaal en daarna bespreek die groep die bepaalde aspek.
  • Die resultate van die evaluering behoort indringend bespreek te word by die omsienerskring.

Opgestel en uitgegee deur
Gemeentevreugde,  Posbus 2736,  George,  6530
044-878 1321 (telefoon en faks)



[Terug na "Materiaal"]             [Tuisblad]            [Indeks]