Materiaal


Materiaal vir gebruik deur geloofsgesinne
 (selgemeentes, selle, omgeegroepe)


'n Nuwe Bybelse Lewenswyse - weer beskikbaar!!

Die standaardwerk deur Dr Marius Potgieter 'n Nuwe Bybelse Lewenswyse - Die Selgemeente  is tans nie meer as gedrukte kopie beskikbaar nie.  Dit is egter beskikbaar op CD saam met drie ander boeke onder die titel "Kerkwees in die 21 ste eeu"

Nuwe uitgawes

*    Vier boeke in elektroniese formaat op CD (kan uitgedruk word) onder die titel "Kerkwees in die 21 ste eeu"
nl. "Die Kontrak wat geluk waarborg";
"Ekklesia in die 21 ste eeu";
'n Nuwe Bybelse Lewenswyse - die selgemeente" en
"Ter sprake - 50 vrae en antwoorde oor die selgemeentemodel"
teen R90,00

*    Lêers met twee ponsgate:  die basiese lêer kos R33,00 en die volledige lêer R85,00.

*    Gesprekstemas kan gratis van die internet afgelaai word:  www.icon.co.za/vreugde/gesprekstemas/temas.html.


Vir bekendstelling en algemene toerusting

Ter Sprake - 50 vrae en antwoorde oor die Selgemeente-model  - tans beskikbaar op CD!!
Opgestel deur 15 medewerkers onder redaksie van Eben de Wit en Marius Potgieter.  Daar word 'n paar bladsye aan elke vraag gewy.  Dit raak allerlei afdelings, vanaf die teorie tot die praktyk.
Prof Adrio König sê in sy beoordeling:  "Met die teologiese uitgangspunte in hierdie boek is daar min fout te vind.  Hier lê 'n goeie verbondsbeskouing ten grondslag van die antwoorde.  Net puriste wat altyd beter wil weet en nooit met ander se benaderings tevrede is nie, sal wil swaarde kruis".  Hy glo dat hierdie model een van die mees omvattende en  (wat die struktuur van 'n gemeente betref) bes verantwoorde gedagte van vernuwing in die kerk is wat tans in omloop is.
NB!  Hierdie boek is nie meer as gedrukte kopie beskikbaar nie maar is saam met drie ander op CD beskikbaar onder die titel: "Kerkwees in die 21 ste eeu".

Kortliks  - Die Selgemeente-model
'n Handige pamflet wat aan belangstellendes uitgedeel kan word om 'n kort oorsig oor die model te gee.  Dit is op hierdie Webruimte te lees by "Kortliks".
Prys:  R1,50 elk

Die Selgemeente - 'n visiekursus vir belangstellendes
'n Kort kursus van ongeveer 6 uur ‘n oorsig gee oor die samestelling en funksionering van selgemeentes.
Prys:  R50,00 vir pakkie van 10

Ekklesia
'n Kernagtige ekklesiologie (uiteensetting oor die kerk) wat as handboekie by die leierskursusse gebruik word.
Prys:  R15,00

[terug boontoe]

Funksionering van selgemeentes

Welkom Tuis
‘n Boekie met 24 dagstukkies waarmee nuwe persone en gesinne in die selgemeente en die geloofslewe ingelei word deur ‘n ander lid of gesin.  Dit gee 'n mooi oorsig oor die plek van die gemeente in God se plan.  Die boekie kan met persoonlike stiltetyd of vir huisgodsdiens gebruik word.
Prys:  R12,50

Gesprekstema's
Dit is boekies met 6 (5 + 1)  of  11 (10 + 1) programme en gespreksvrae wat deur selgemeentes gebruik kan word.  Die volgende nommers is beskikbaar:
1.    Die Huisgesin van God
2.    Jesus, die Alfa en die Omega
3.    Christus se diens deur gesinsvriende
4.    Sout vir die aarde
5.    Lig vir die wêreld
6.    Liefde in die geloofsgesin
7.    Die Vader van die geloofsgesin
8.    Gedoop met die Heilige Gees
9.    Lewensverandering
10.    Die Gebedslewe
11.    In Jesus se diens
12.   Die geloofsgesin en geld
13.   Christus word vervolg
14.   Aanbidding in die geloofsgesin
15.   Geestelike oorlog
16.   Totale verlossing

Prys:  R2,50 of R25 vir pakkie van 10

Ander gesprekstema's word nog voorberei

[terug boontoe]


Leiertoerusting

Die Herder
‘n Uitstekende handboekie vir die in-diens-opleiding van hulpherders deur herder-leiers.  Nuwe uitgawe.
Prys:  R19,50

Ekklesia 21 - Kerkwees in die nuwe Eeu
'n Indringende en praktiese kursus van 18 ure vir herderleiers, omsieners, leraars en ander belangstellende lede van selgemeentes.  Die handboek is nie afsonderlik te koop nie.
Prys van handleidings:  R35,00
 

"Handleiding vir Omsieners"
  • 'n Handleiding wat bedoel is om binne 'n dissipel-skapverhouding gebruik te word; dit is nie 'n werkboek nie.
  • Omsieners kan dit persoonlik bestel - dit word nie aan gemeentes verskaf nie maar slegs aan individuele omsieners;
  • Formaat is A5 - met 20 bladsye;
  • Prys van handleiding is R20,00 (posgeld ingesluit).

  • [terug boontoe]


    Evaluering van die selgemeente se funksionering

    'n Hulpmiddel om die selgemeentes te help om hulleself te evalueer, is tans beskikbaar.  Dit kan ook van die webtuiste afgelaai, uitgedruk en gekopieer word.  Gaan na Selgemeente Evaluering.
     



    Bestellings

    Bogenoemde materiaal kan bestel word deur
    *  'n faks te stuur aan telefoon (044) 878 1321 of
    *  per pos die bestelling te stuur na Gemeentevreugde, Posbus 2736, George, 6530  of
    *  per e-pos te bestel by vreugde@icon.co.za.



    PRYSLYS

    Kortliks                                                            R1,50
    Visiekursus (pakket van 10)                            R50,00
    Die Herder                                                       R19,50
    Welkom Tuis                                                    R12,50
    Begeleiershandleiding                                     R2,50
    Gesprekstema's (pakket van 10)                     R25,00
    Basiese selgemeente-lêer  (2 ponsgate)         R33,00
    Volledige selgemeente-lêer  (2 ponsgate)       R85,00
    Kerkwees in die 21 ste eeu (e-boek op CD)    R90,00
    Ekklesia                                                           R15,00
    Handleiding vir omsieners                                R15,00

    Hierdie pryse sluit nie posgeld in nie.


    [Terug na tuisblad]   [Kortliks]   [Gesellig]   [Kursusse]  [Vraag en Antwoord]