PROJEK  AäRON EN HUR

Die Here het Gemeentevreugde in ‘n nuwe fase ingelei!  Die voorsiening van materiaal word nou die fokus van die werkgroep en dit word geskei van die konsultasiebediening.  Afgesien van die kursusmateriaal word alles voortaan sonder aanbiedingskoste gedoen en in geloof en vertroue op die Here aangepak.   Omdat honderde gemeentes en duisende gelowiges deur die bediening van Gemeentevreugde geseën is, glo ons dat die Here sommige van hulle gaan inspireer om in die finansiële behoeftes te help voorsien.

Daar is twee arms wat ondersteuning nodig het:
• die Aaron-arm:  dit simboliseer Gemeentevreugde se voorsiening van materiaal aan selgemeentes en gemeentes.  Hulpmiddele word so netjies maar so goedkoop moontlik verskaf.  Daarvoor is kapitaal nodig wat weer later vir ander materiaal aangewend kan word of as lenings terugbetaal kan word.
• die Hur-arm:  ondersteuning aan die persoonlike bediening van Marius Potgieter.  Sy besoeke aan gemeentes en die aanbieding van kursusse kan dan sonder ekstra kostes gedoen word.

Die Aaron-ondersteuning
Gemeentevreugde het dringend werkskapitaal nodig vir die druk en herdruk van boeke en handleidings.   Jy kan betrokke raak deur:
*    spesifieke uitgawes te borg
*    werkskapitaal rentevry aan Gemeentevreugde te leen
*    ‘n eenmalige skenking te maak
*    'n debietorder in werking te stel
*    hierdie bydraes gaan na “Gemeentevreugde”, ABSA George, tjekrekeningnommer
     405 254 07 13
*    in alle gevalle moet dit in opdrag van die Here geskied – ons wil nie geld hê wat nie van die Here af kom nie!  Bid asb hieroor.

Die Hur-ondersteuning
Selgemeentes en individuele gelowiges kry nou die geleentheid om by die bediening van Marius betrokke te raak.  Hy en sy gesin leef reeds vir meer as tien jaar sonder vaste inkomste en ander voordele.  Sodra die Here dit moontlik maak, wil ons nog ‘n persoon gedeeltelik finansieel ondersteun om te help met hierdie bediening.
Finansiële ondersteuning maak dit vir ander gemeentes en selgemeentes wat dit moeilik kan bekostig, moontlik om van hierdie diens gebruik te maak.
*    Ons soek selgemeentes, gesinne  en individue wat onderneem om
            • elke maand vir hierdie bediening te bid; en
            • elke maand ‘n paar rand by te dra tot die bedieningsfonds; of
            • jaarliks ‘n kontantbedrag te skenk; of
            • ‘n debietorder te voltooi en in werking te stel; of
            • gereelde elektroniese oorbetalings te doen.
*    Ons soek ook iemand in elke meewerkende gemeente om hierdie ondersteuning te koördineer.
*    Hierdie bydraes gaan na die “Bedieningsfonds”, ABSA George, spaarrekeningnommer 380 1109 0980.

Selgemeentes kan help dat die bediening voortgesit word deur bv 'n blikkie by die byeenkomste te hê waarin bydraes gesit word.  As 500 selgemeentes elke maand so min as R20 bydra, kan die administrasie ongehinderd voortgaan en kan kursusse kosteloos aangebied word.

Indien die Here jou lei om betrokke te raak, kontak ons by bostaande adres.  Ingesluit ‘n debietorderopdrag vir diegene wat dit wil gebruik.

Baie dankie by voorbaat vir jou gehoorsaamheid.

Die Werkgroep,
“Gemeentevreugde”.


DEBIETORDER-OPDRAG

Besonderhede:
Voorletters en van:
Adres:
Telefoon :
Gemeente:
Bank:
Taknaam & dorp:
Rekeningnommer:
Tipe rekening Lopend(Tjek) / Spaar / Transmissie:
 

Aan:    Gemeentevreugde
            Posbus 2736
            George
            6530

Ons / Ek versoek hiermee en magtig u om ons / my rekening by bogenoemde bank met die bedrag van  R …………. (in woorde:  …………………………………………..) te debiteer.  Die eerste betaling moet op  …………………… gemaak word en daarna maandeliks / kwartaalliks op die  ………… dag van elke maand / kwartaal.  Hierdie opdrag bly van krag totdat ons / ek dit skriftelik gekanselleer het.  Ons / ek stem toe om enige bankkoste met betrekking tot hierdie debietorder te betaal.

Begunstigde:    Skrap een van die twee (wat nie van toepassing is nie)
 
Gemeentevreugde  Bedieningsfonds
Rekeningnommer  405 254 07 13 Rekeningnommer  380 1109 0980
ABSA, George ABSA, George

Onderteken te  …………………………. Op hierdie ………… dag van ……………………….…….
 

Handtekening