Kennismaking:

Laat ek myself en my mense eers voorstel.

My naam is Nico Vermaak. Voor die Groot Trek kom my Vermaak-gene uit die Gamtoos, daarna het hulle in die Vrystaat (Phillipolis, Brandfort, Dewetsdorp,  Bloemfontein en Clocolan) rondgeswerf voordat hulle, na 'n kort draai in Johannesburg, op Zastron bymekaargekom het met Van Rooyen gene uit die Wes-Transvaal via Natal.

My eie paadjie loop van Zastron deur Bloemfontein (Hoërskool Sentraal) na Johannesburg.

My vrou Elsa is 'n nooi Horak wie se gene uit die Swellendam-kontrei ook in die Vrystaat gedraai het en daarna in Pretoria met Maree gene 'n uitstekende kombinasie gevorm het. Haar paadjies het van Ladybrand af deur Pretoria, Wolesley, Grabouw en Wolmaranstad na Johannesburg geloop waar ons twee toe by RAU in mekaar vasgeloop het.

Op Swellendam was haar voorsaat toentertyd die Landdros en my voorsaat (Mentz) het vir hom gewerk.( Daardie verhouding het nog nie verander nie!)

Ons  bly in Randburg en het drie kinders: Henno (1981) , Janet (1983) en Marko (1988).

Ek is werksaam as 'n patentprokureur by   D M Kisch Ing.

Elsa is die baas, bestuurder en lekkermaker van hierdie plaas-- Geen skakel, jy is reeds daar..

Ons gesin is vir die afgelope 10 jaar aktief betrokke by die Voortrekkers (ook by Hendrik Olivier) en ook  by die aktiwiteite van die NG Kerk, Unika Laerskool en Randburg Hoërskool.

Sonder Henno se hulp sou hierdie poging met baie meer swets, of miskien gladnie, gebeur het.