Kleinmond
Selfsorg Akkommodasie bied 2 volledig toegeruste selfsorg
eenhede:
|
Eenheid
51 |
Eenheid
52 |
|
|
Slaap 6 |
Slaap 4 |
|
|
Badkamer
met stort (kan klein kind bad) |
Badkamer
met stort (kan klein kind bad) |
|
|
Braai area
in binnehof |
Mobiele
braai |
|
|
2 X
Dubbelkamers + 2 Enkelbeddens in ruim leefarea |
1 X
Dubbelkamer + 1 kamer met 2 Enkelbeddens |
|
|
Cot en
pram vir
baba |
|
|
Beide kombuise is volledig
ingerig met messegoed en breekgoed, potte en panne, stoof, mikrogolf, ketel en yskas met vriesgedeelte.
Alle beddegoed en handdoeke word voorsien. Basiese skoonmaakmiddels soos
vadoeke, Sunlight Liquid en Handy Andy word voorsien.
Ongelukkig het
ons geen tuin nie, daarom kan ons
nie troeteldiere neem nie. Die gebou bestaan uit drie wooneenhede,
waarvan ons self in een woon, en die ander twee uithuur vir
vakansie akkommodasie.
Ons is baie
sentraal geleë, slegs twee blokke vanaf Kleinmond se hoofstrand. Die
winkels, biblioteek, banke en Poskantoor is alles binne stapafstand.
Kleinmond se pragtige kus-wandelpad langs die rotsagtige kuslyn is slegs
100m ver, waar ons inheemse Fynbos voorkom. Vir die meer avontuurlikes,
is daar pragtige staproetes in die berge. Vanaf Mei tot November kyk ons
walvisse reg van die rotse af!
Lees
meer oor Kleinmond, of gaan kyk na ons
foto's, Kleinmond strand en meer. Of kyk na
vandag se Weerstoestande in Kleinmond!
Ons Tariewe:
Eenheid 52 (Slaap
4) - R400 per nag
Eenheid 51 (Slaap
6) - R500 per nag
Om 'n bespreking
te bevestig, vra ons 'n deposito van 50% van die totale bedrag. Let asseblief daarop dat ons nie ingerig is om meer
as 'n maksimum van 4 persone in eenheid 52, en 'n maksimum van 6
persone in eenheid 51 te akkommodeer nie, kinders ingesluit.
(Hierdie tariewe is slegs riglyne)
Vir meer inligting kontak John & Trisa Hugo, Tel (028) 2714873 of Cell 0834070274 of stuur 'n
e-pos
Terug na ons
voorblad.
Click
here to read more
about Kleinmond Self-Catering Accommodation in English.
Eenheid 52 (Slaap
4)
Eenheid
51 (Slaap 6)
(Kleinmond Selfsorg Akkommodasie
was voorheen bekend as 50/50 Selfsorg Akkommodasie)