Voortgesette Opleiding
Die doel van voortgesette onderwys is om deurlopend hernuwend te dink en navorsing oor nuwe terreine in die bedryf na te vors. Dit ondersteun kennisuitbreiding, vaardigheidsontwikkeling en spesifieke, gerigte spesialisering in rigtings wat in die veranderende samelewing ontwikkel. Dit is op die gemeenskap se behoeftes gerig.
IIFT bied die geleentheid tot prestasie en spesialisering deur krediete (CEU’s) te verwerf deur konvensies en werkswinkels by te woon en eie navorsing te doen .
Hierdie voortgesette ontwikkeling sluit aan by die vereistes wat die Departement Onderwys en die Professionele Raad vir Fiksheidskundiges stel . Dit dien ook as ’n internasionale bewys dat vernuwende denke gestimuleer is en dat konvensies, werkswinkels en kursusse wel bygewoon is. Internasionale kundiges word uitgenooi om huidige ontwikkelings in die wêreld ook aan Suid-Afrikaanse kundiges bekend te stel.