Kondisionerings - prestasiekursus vir Afrigters en Instrukteurs
Liggaamskondisionering (“High Performance Conditioning”)
Hierdie kursus is ’n verdere voortsetting van kwalifikasies wat
reeds verwerf is. Voornemende studente moet in besit wees van die volgende
kwalifikasies:
- BA (Sport en Oefenwetenskap)
of - Persoonlike Afrigterskwalifikasie
of - Fiksheidskwalifikasie
Hierdie kursus bied ’n verdere spesialisering in verskeie rigtings in die oefen- en sportwetenskap. Die uitkomste van hierdie kursus sluit onder andere in:
- Beginsel van kondisionering
- Beginsel van spesifiekheid
- Beginsels van Pilatus vir sportafrigters
- Perseptuele en motoriese leer
- Soepelheid en kragopleiding, ens
Hierdie is ’n program wat op verdere programontwerp gerig is en wat spesifieke beginsels toepas om spesifieke talente in sport- en oefenkunde te ontwikkel. Dit sluit byvoorbeeld medisyneballe ens in. Dit is gerig op hoëvlakse kondisioneringprestasieverbetering van top atlete.
Dit is ’n intensiewe program wat verdere navorsing moontlik maak. Die program is op spesifieke dimensies van atlete gerig. Verdere verdiepingskursusse en spesialisering op ’n gevorderde vlak word deur die ISO-program van die NSCA-CC-CPT, USA, aangebied. Dit geskied in samewerking met IIFT en die Universiteite van Pretoria en Stellenbosch.
Verdere navrae: NSCA Certification Commission, www.nsca-cc.org.