Oefen - en Sportsielkunde

Hierdie kursus bied aan elke gekwalifiseerde Sportwetenskaplike, Persoonlike Afrigter, Groepfiksheids- en Fiksheidsinstrukteur en Sportafrigter die geleentheid om meer te wete te kom oor die atleet en/of oefenkliënt. Die inhoud van die kursus is gerig op die volgende:

 

  • Die verkryging van voldoende kennis oor die invloed van sielkundige faktore op fisiese en motoriese vaardigheidsuitvoering
  • Die bestudering van die invloed van fisieke deelname op die geestesgesondheid van elke atleet/oefenkliënt om sodoende ’n beter en gesonde leefstyl te ontwikkel
  • Gevorderde kennis oor hoe om ’n psigiese en fisieke oefenprogram saam te stel

Verder is hierdie studierigting daarop gerig om die topvlak-sportpresteerder se psigiese funksionering, persoonlikheidsamestelling; patroon van interpersoonlike verhoudings, ontwikkeling van leierseienskappe, hantering van sportverwante emosies, vaardigheidsontwikkeling en uiteindelike uittrede uit die sportomgewing te beskryf en te bevorder.

Die sportgeesdriftige sal uiteraard besef watter rampspoedige gevolge daar kan wees indien deurslaggewende wedstrydinligting verkeerd vertolk word sodat verkeerde besluite op verkeerde tye geneem word. Daarby maak die besprekings en voorligting oor interpersoonlike vaardighede en verhoudings vir sportbeoefenaars hierdie ’n waardevolle byvoegsel tot enige opleidingsprogram vir sportmanne en –vroue.

Van die uitkomste in die oefen- en sportsielkundige is om die opleiding te verskaf om fisieke programontwerp met ’n psigiese program te integreer en sodoende motivering en prestasie bevorder, onder andere:

  • Stresverminderingsprogram
  • Ontspanningsasemhalingsprogram
  • Selfkondisioneringsprogram
  • Doelwitstelling van prestasiebereiking

Om hierdie uitkomste te bereik moet die voornemende student reeds die volgende kwalifikasie/s hê:

  • BA (Sportwetenskap)
  • Persoonlike Afrigtingskwalifikasie
    of
  • Groepfiksheidskwalifikasie
    of
  • Fikheidsinstrukteurskwalifikasie

Sport- en Oefensielkunde is prestasiegerig en elke atleet/kliënt word bygestaan deur 'n professionele kundige met besondere kennis in die sport- en oefenwetenskap.

Site Map | Privacy Policy | © 2006 IIFT - Internationale Instituut vir Sportwetenskap en Fiksheidsopleiding
Posbus 11329, Hatfield, 0028 | Tel: +27 12 342 0681 | Faks: +27 12 342 0682 | Epos: iift@icon.co.za
Geregistreer as 'n Nie Winsgewende Organisasie 2001/029912/08
Ontwerp-&-Instandhouding deur Shellseeker