Op 7 weke en 3 dae is die eerste sonar geneem. Hier het nie veel gebeur nie. Die dokter het net bevestig dat Debbie wel swanger is en dat dit goed gaan met die fetus so ver.
| Op hierdie foto kan mens duidelik die fetus sien. |
|---|
![]() |
| Vir diegene wat NIE die baba op die foto kan ondersky
nie, het ek bietjie die highlighter ingespan. Die geel gedeelte is die baba. Die rooi gedeelte is waar mens sy hart sien klop op die video. |
Die tweede sonar is geneem op 5 Julie 2004. Hier kan mens al die baba ondersky op die foto. Die outjie/of meisietjie le op sy/haar maag met die kop aan die linkerkant. Daar was nogal heelwat beweging tydens die ondersoek en mens kon mooi sien hoe die arm en been beweeg.
| Hierdie foto het ek uit die video geneem deur een van die frames te save. |
|---|
![]() |
| Die baba is nou 11 weke en 5 dae oud. |
Die derde sonar is geneem op 5 Augustus 2004. Die baba het redelik gedraai van die vorige foto af en sit nou so half regop. Die sonar dui aan dat die baba bietjie groter is as wat verwag is, en alhoewel hy amptelik 16 weke en 3 dae oud is, bereken die sonar masjien dit op 17 weke.
| Nog 'n foto geneem uit die video. |
|---|
![]() |
| Die baba is nou 16 weke en 3 dae oud. Op die foto kan die kop duidelik gesien word en mens kan die oogkaste ook duidelik uitken. |
Die vierde sonar is geneem op 6 September 2004. Die baba het weereens omgedraai sedert die vorige sonar. Hierdie keer het ons 'n hele reeks fotos gekry.
| Hier is die fotos wat ons gekry het op die vierde sonar. | ||
|---|---|---|
![]() |
![]() |
![]() |
| Hier is die baba se gesiggie. Hy lê met sy een hand onder sy kop en die ander bo-op sy kop. | Op hierdie foto kan die baba se hand gesien word. Drie van die vingers is duidelik sigbaar. | Hier word aangedui waar die baba se ruggraat is. Die ribbebene is duidelik sigbaar. |
Die vyfde sonar was geneem op 4 Oktober 2004. Ek het die fotos van die video af geneem. Ons kon hier die voet duidelik sien (iets wat nie op die vorige sonar duidelik was nie. Mens kan ook nou al definitief 'n gesig begin uitmaak. Die baba het nogal baie beweeg tydens die sonar en hy is ook heelwat groter as die gemiddeld. Die dokter is baie tevrede.
| 'n Paar interessante fotos vanaf die video geneem. | ||
|---|---|---|
![]() |
![]() |
![]() |
| Hier sen mens die gesiggie soos dit nou lyk, so half van bo af. | Die borskas is sigbaar. Die donker kol is die hart. | Die been en voet. |
![]() |
![]() |
|
| Die grafiek van die hartklop. Onderaan word die hartklop aangedui as 123 keer per minuut. | ||
| Die masjien kan nou al die gewig bepaal. Hierdie foto dui die gewig aan regs onder: 996.9g | ||