Publikasie van die Genealogiese register van 

 die 

Familie Swart

 

"Aksie nuwe boek"

 

Die Geslagsregister van die Familie Swart in Suid Afrika is in 1977 deur die RGN uitgegee.  Hierdie uitgawe is reeds jare nie meer beskikbaar nie.  Sedertdien het daar baie veranderinge in die verskillende families plaasgevind.  Sommiges is oorlede, nuwes het bygekom en in baie gevalle is die inligting of verkeerd of glad nie in hierdie uitgawe opgeneem nie.

 

Met die moderne tegnologie wat tot ons beskikking is, is dit wenslik geag om die inligting op rekenaar te stoor.   Daar is reeds meer as 11 000 persone se inligting op hierdie manier gestoor.  Om die inligting op datum te hou, is 'n deurlopende taak en omdat die huidige boek met sy inligting reeds jare lank uit druk is, moet die bestaande inligting so gou as moontlik herdruk word.  Daar sal altyd inligting wees wat nog kort en daarom sal 'n gepubliseerde geslagsregister en familie geskiedenis altyd onvolledig bly.  Die mikpunt  is om die bestaande en nuwe inligting op  rekenaar vas te lê sodat 'n opgedateerde weergawe binnekort kan verskyn.  

 

Elkeen van ons het 'n plig om te sorg dat die inligting nie verlore gaan nie.  Om die uitgawe so volledig as moontlik te maak, benodig ons jou samewerking.  Stuur asseblief vir ons al u inligting soos voorname, geboortedatums, huweliksdatums en sterfdatums.  Ook die besonderhede van u gade en u kinders is van belang.   Dit sal verseker dat jou naam ook in die geslagsregister opgeneem word.